Jong man jaag woes met splinternuwe kar

Ford Focus RS. Argieffoto

ʼn Jong man is Sondag tussen Pretoria en Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy erg met ʼn splinternuwe Ford Focus RS op die R21-snelweg gejaag het.

Insp. Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê beamptes van die metropolisie se hoëspoedeenheid het tussen 04:00 en 10:00  ʼn operasie in albei rigtings van die R21-snelweg naby die Olifantsfontein-afrit gehou.

“In dié tyd is ʼn 27-jarige man wat ʼn splinternuwe Ford Focus RS bestuur het, gevang waar hy 250 km/h in ʼn 120 km/h-sone gejaag het,” het Mokheseng gesê.

“Twee manlike passasiers was saam met hom in die voertuig en hulle was onderweg van Limpopo na Thembisa. Die man het geen rede verskaf hoekom hy gejaag het nie en is in hegtenis geneem en na die Olifantsfontein-polisiestasie geneem.”

Die metropolisie het ook vyf ander motoriste in hegtenis geneem wat onderskeidelik 167 km/h, 168 km/h, 172 km/h, 189 km/h en 192 km/h gejaag het. Hulle is ook in hegtenis geneem en na die Olifantsfontein-polisie geneem.

Al die oortreders is op borgtog van R1 500 vrygelaat en moet binnekort in die Tembisa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Jurie ·

Sal net graag wil weet hoekom motorbestuurders geviktimiseer word, terwul motorfietsryers niks oorkom nie en kan voortjaag op paaie.

Nommerplaat ·

Jy ken hulle uit aan die ‘sonder nommerplaat’. ‘n Klompie jare gelede was hulle verbied by Sasol 2 & 3 naby Secunda om op die terrein te kom om te gaan werk en dit het goeie resultate opgelewer. Dalk tyd om dit weer te doen ook by ander werkgewers?

Jurie soek skoor! ·

Hierdie jong latte wat dink hul name is
Vin Diesel of Paul Walker…..
Julle hoort almal in die tronk

Wagter ·

Want as jy die bike val dan dooi net die bestuurder, waar die kar in mense kan in ander inploeg en paar se dood veroorsaak. En ja ek weet n bike kan seker ook n kettingbotsing veroorsaak maar dit gebeur selde

Jonna ·

Jurie het issues. Hys jaloers omdat sy kar seker te stadig is lol.

snoefie ·

want die metro se swart bmwtjies kan nie naby daardie motorfietse kom nie.

Piet Pompies ·

As jong kind wou baie van ons ‘n verkeersbeampte word, in jou tienerjare en as jong volwassene was dit ‘n kwessie van “catch me if you can”. Vandag is dit nie meer een van die twee, dit is net KFC…

Cherokee ·

Maar KFC is ‘n kolonialisties en hulle behoort hulle dus daarvan te weerhou. Ongevraagd bewys hulle Zille dus reg met betrekking tot die voordele wat kolonialisme teweeg gebring het.

Johan ·

Ek wens sò hulle wil dieselfde verpligte assuransie en punte teen jou rybewys-sisteem hier implementeer soos in England.

Jakalas ·

Ons wette is nogsals streng, maar dit word net nie toe gepas nie. ‘n Goeie voorbeeld is hoe bang mense was om die pad reëls te oortree voor 94’. Ons kan watse sisteem in die land implementeer, maar as dit nie toe gepas word nie gaan niks daarvan kom nie.

anton ·

Dit sal in die land noooooit werk nie!!! Hierdie is Afrika.
As dit wel gedoen word sal daar nie genoeg tronke wees om al die skuldiges in te hou nie.

Basson ·

(Maklike) Geldmaak deur Metro ens.
Jammer vir julle :(
Pragtige motor die RS!

Cherokee ·

Ag jong, geen volksie kan eers 200 haal nie!
Onthou jy van die blond wat met haar beatle langs die pas vasgesteek het? Toe haar buurvrou by haar stilhou waar sy staan met die enjinkap gelig het sy net gesê dat haar enjin gesteel is.

Hoenner ·

Ja, die spietkops het hulle KFC saam gevat en daardie ouens het dit nie besef.

Nico ·

As dit waar is teen daai spoed moet die bestuurder nie eers bortog kry nie dis net n wonder dat daar nie n ongeluk was nie maar ek twyvel of die persoon daai spoed gery het want die highway moes n hele paar kilometers geen verkeer op gehad het nie en reguit gewees het.Met n goeie advokaat gaan hy los kom

Jakalas ·

Gaan seker die pa wees wat die wet se arm gaan draai. Gewoonlik die geval.

Jakalas ·

Dis die beste ding wat hulle in ‘n lang tyd gedoen het om daai mense te vang. Te veel sien ek op die snelweg tussen Pretoria and Johannesburg waar mense teen ongodlike spoed verby jaag in rowe verkeer. Ek het tot al een gehad wat my van die pad af wou druk omdat hy/sy wou verby, alhoewel ek vir hom/haar aan dui dat ek is besig om baan te wissel sodat hy/sy kan verby. Hulle is ‘n gevaar vir mense op die pad, so ek het ook geen simpatie met hulle nie. Laat hulle hulle les leer voor hulle die dood van iemand veroorsaak.

Mike Kaapstad ·

Jip ons bikers ry daai spoed en plus,spietkop karretjies sal ons nooit vang nie………

JA NE ·

Ja nee gehasie – nou moet jy jou nuwe tjorrie verkoop vir regskoste.

Bikers word dalk nie gevang nie Mike van Kaapstad, een of ander tyd stop die teer jou.

Bobby ·

Elke keer wanneer n nuwe kar uitkom dan is dit vinniger en veiligger maar dan is die paaie vrot en gedaan en ek self jaag nie met my bike of my kar op n pad wat ek nie ken nie.

t ·

Dit is inderdaad so dat baie hoë spoed nog nooit iemand dood gemaak het nie. Dis die skielike stop wat al die moeilikheid veroorsaak.

PierreV ·

As n bordjie wys 120 dan beteken dit op en afdraande en nie 140 afdraande en 80 opdraande soos party motorist ry nie….

Mike Kaapstad ·

JA NE is waar wat jy se , wat n lekker manier om te gaan, (if you dont own wings you never fly)

Nico ·

Mike van Kaapstad gaan op jou kniee en se dankie jy is nog met ons en begin die wet te gehoorsaam jy het miskien klaar jou kans gehad

Gerhard ·

Duitsland met sy onbeperkte hoofwee (autobahns) het baie minder padsterftes as Suid-Afrika. Ek vermoed spoed speel ‘n veel kleiner rol in padsterftes as ander faktore.

JOHAN ·

Seker nie ‘n goeie opinie nie, maar wel my insig.
As jy die kar ry is hy gebou om daardie spoed te kan ry, en te kan hanteer.
Solank daar nie ander karre op die pad is nie is dit mos nie ‘n probleem nie.
Ek is baie banger vir kleiner karre wat daardie spoed ry wat nie altyd goeie bande of ordentlike brieke het om betyds te kan stop nie…
So ek dink dis okay om te jaag, solank jy dit doen waar jy nie ander in gevaar stel nie. Op die R21, is dit nie ‘n goeie idee nie…

Stormrider ·

Awesome nuus!

Ek en my verwer was gister 07:25 in my VITO onderweg na Boksburg op die R21 Suid toe hierdie perd met die blou Focus sonder ‘n nommerplaat ons amper van die pad af gejaag het.

Ek was in die derde baan teen seker so 125 km/uur op cruise control toe hierdie ou links verby kom teen blindelings 220+ km/uur.

Ek het so groot geskrik ek het amper die VITO omgegooi.

Ek sien toe ‘n spietkop langs die pad op ‘n motor-bike, wat op sy radio sit en praat. Eers was ek matig vies, want wragtig, hoekom jaag hy nie die maniak met sy bike nie?

So twee kilometer verder staan die blou karretjie langs die pad met ‘n spietkop se motor-bike voor en ‘n Polisie patrollie motor lekker knus agter hom ingetrek.

Lekker lag ek en my werker toe vir die ou in die blou kar

So duidlik het hulle die perd vasgetrap! Ek is bly hy kon hulle nie net bribe nie
Dis hoe mense sterf op die paaie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.