Jong man kort voor troudag op Pta-kleinhoewe doodgeskiet

Nadia Treeby en Gavin Wolfswinkel. Foto: Facebook.

Nadia Treeby en Gavin Wolfswinkel. Foto: Facebook.

ʼn Familie wat besig was om troureëlings te finaliseer moet nou begrafnisreëlings tref nadat Gavin Wolfswinkel (32) Sondagaand op ʼn kleinhoewe in die Boschkop-omgewing, oos van Pretoria, koelbloedig vermoor is.

Gavin se vriend en kollega, ʼn man in sy 30’s wat in ʼn afsonderlike huis op die kleinhoewe gewoon het, is ook in die aanval doodgeskiet. Die vriend se naam word teruggehou totdat sy naasbestaandes in kennis gestel is.

“Hy [Gavin] het só daarna uitgesien om te trou en om ʼn pa te word, maar dit was hom nie beskore nie,” het Sandra Wolfswinkel, Gavin se ma, Maandag aan Maroela Media gesê.

“Gavin en sy verloofde, Nadia Treeby, het Sondag deur die dag nog die perseel gaan besoek waar hulle op 12 Desember sou trou. Hy het my nog opgewonde gebel en gesê alles is amper gereël, hy moes nog net ʼn pak klere kry. Hy wou graag in ʼn ligblou pak trou. Daarna het hy gesê: ‘Love you’, ek het ‘love you’ teruggeantwoord, minwetend dat dit die laaste keer was wat ek met hom sou praat,” het ʼn gebroke Sandra gesê.

Maroela Media het vroeër berig drie gewapende mans het omstreeks 19:45 toegang tot die kleinhoewe gekry deur ʼn gat in die heining te knip.

“Die alarm het afgegaan en een van die slagoffers [Gavin] het gaan ondersoek instel terwyl sy verloofde in die huis gebly het,” het kapt. Marissa van der Merwe, polisiewoordvoerder, vroeër gesê.

Gavin, wat in die boubedryf is en in Johannesburg werk, se kollega het ook die alarm gehoor en gaan ondersoek instel. Hulle is buite deur die aanvallers verras en oorweldig. Die kollega is in sy bors geskiet en Gavin in die kop. Albei mans is op die toneel dood.

Nadia het intussen hulp ontbied en die buurtwag en polisie het gereageer. Die moordenaars het op die vlug geslaan sonder om enigiets te steel en is steeds op vrye voet.

“Ons het net ná 20:00 die vreeslike oproep gekry dat my seun dood is. Ons woon ook in Pretoria. My man, Hennie, en oudste seun, Sean, het dadelik na Nadia gery. Sy was in ʼn toestand. Ek het nie kans gesien om saam te gaan nie, ek wil my seun onthou soos ek hom laas gesien het,” het Sandra verduidelik.

Sy het gesê ʼn berader van die polisie het Nadia ná die voorval bygestaan. “Sy vat dit nie goed nie. Sy is vandag terug na die huis om hul goed te pak want sy wil nie meer daar woon nie. Sy gaan by haar pa intrek. Gavin se aanstaande skoonouers was baie erg oor hom.”

Sandra verduidelik dat Gavin en Nadia mal was oor die kleinhoewe, waar hulle gehuur het. “Ek was nie gemaklik dat hulle daar bly nie, maar hy het gesê dis lekker rustig daar en dat daar genoeg plek is vir hul troeteldiere en dat dit iets is wat hulle nie in ʼn meenthuis sou kon kry nie.”

Sy het gesê Gavin en Nadia is groot diereliefhebbers en het katte en honde. “Gavin was baie liefdevol, het ʼn goeie geaardheid gehad, was baie gewild en kon maklik vriende maak. Hy was baie luidrugtig ʼn mens kon hom altyd gehoor het as hy in die omtrek was,” het sy hartseer geskerts. Sy het hom beskryf as ʼn “go getter” met ʼn goeie hart wat nooit toegelaat het dat iets hom onderkry nie. Hy was ook lief daarvoor om aksiekrieket en Playstation te speel as hy tyd gehad het. “En hy was ʼn baie groot kind van die Here, dit gee ons vertroosting in die moeilike tyd.”

Gavin se begrafnisreëlings moet nog getref word. Hy laat benewens Nadia ook sy ouers, Hennie en Sandra Wolfswinkel, sy broer en skoonsuster, Sean (40) en Marilyn Wolfswinkel en hul kinders Mia (4) en Ane (7), en sy suster en swaer, Chnay (36) en Deon Coetzer en Chnay se dogter, Merize Wolfswinkel (15), agter.

Die polisie se honde-eenheid was Sondagaand op die toneel om te probeer om die verdagtes se spoor te kry, maar was onsuksesvol. Die soektog is Maandagoggend hervat.

Die polisie ondersoek twee sake van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Van der Merwe het gesê dit is die eerste voorval in ʼn lang tyd in die Boschkop-gebied waarin inwoners vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Ester ·

Ai dis sooo ontsettend hartseer, weet dat ons julle opdra aan ons Hemelse Vader vir krag in die dae wat kom.

DivaBenoni ·

Nee, dit is Hennie en Sandra se seun. My Neef. Hennie en Gerrit is broers.

Elbie ·

Hoe ongelooflik hartseer is dit nie! Hoeveel mense moet nog vermoor word, dis net moord waar jy lees. Zuma weier om iets aan hierie massiewe probleem te doen, en hy sal ook nie, ek wil nie eers dink waar alles gaan eindig nie. Mens voel so hulpeloos. Sterkte vir die families.

Gerhardt ·

Iewers gaan die misdaad vir Zuma tref, dan sal ons sien of die regering met sy groep sekuriteits ministers wakker skrik.

Chnay Coetzer ·

Baie baie dankie vir die mooi berig oor my broer! Hy was werklik ‘n staatmaker en het altyd die positiewe in die lewe gesien en gesoek! Ons as familie gaan nooit weer dieselfde wees nie! Ons mis hom reeds! Sadly missed but never forgotten! Love you plenty! Jou sussie love! Chnay xoxo

Human ·

Chnay, Nadia en jul hele familie, aan julle wil ek net my simpatie meedeel. Dis so flippen onnodig. Mag ons HEMELSE VADER julle almal net teen Sy bors vasdruk en julle net verseker dat Gavin en sy kollega nou by Sy Voete rus. (Jammer oor die vloek woord my ek kan dit nie anders uitspreek nie)
ANC begin plan maak!!!!! Hoeveel nog?!?!

Gerhardt ·

Ons dink aan julle in die moeilike tyd. Mag God aan wie die toorn toekom, geregtigheid laat geskied. Baie sterkte.

Gero Vosloo ·

Dit was n voorreg gewees om vir Gavin te geken het, sterkte aan jou en julle familie

Nardus ·

Ek kan nie help om te dink dat as die polisie hulle werk ordentlik gedoen het toe daar 2 jaar terug op ons plot in dieselfde omgewing ingebreek was nie, sou hierdie tragedie nie plaas gevind het nie. Iets so eenvoudigs soos forensies leidrade, ons sitkamer vensters was vol ahdn en vinger afdrukke soos die inbrekers hulle self teen die vensters gestut het om my DVD Luidsprekers van die mure af te ruk . Of die bloed in die kombuis waar een van my honde een van hulle in die hande gekry het. Die polisie het net NOOIT die moeite gedoen om die forensiese ouens uit te stuur nie. Ons was nie daardie aand by die huis nie, maar 2 ander plotte is in dieselfde aan ook beroof…

Ludwig ·

Vergeet dit Irene, zuma sal dit nie doen nie want hy sit daar agter.

Ons blankes moet baie moeie besef dat zuma en die anc geensins ons belange op hul hart dra nie!!

Ludwig ·

Vergeet dit Irene, zuma sal dit nie doen nie want hy sit daar agter.

Ons blankes moet baie mooi besef dat zuma en die anc geensins ons belange op hul hart dra nie!!

Human ·

Ludwig, stem 100% saam met jou. Hoekom sal hulle, hulle was mos die “onderverdruktes”. Sies tog!!!

Eddie ·

Dit is met n swaar hart wat ek die berig lees. Mense word vermoor sonder nagevolge. Ek lees ook van Paris waar terroriste onskuldige mense moor en skied. Nou vra ek julle waar le die verskil tussen daai terroriste en die terroriste hier wat ons elke dag in vrees laat lewe. Ek dink eerlik nie daar is n verskil nie. Die aard van die saak is is dat as dit met ander lande gebeur dan word daar iets gedoen oor dit. Hulle het tenminste n President wat iets doen om die moorde en slagting van sy mense te probeer stop. Jammer ons in Suid Afrika kan nie die selfde se nie. My hart gaan uit na al die mense wat geliefdes verloor het asgevolg van die TERRORISTE wat in ons land woon en kan maak wat hulle wil. God is met julle.

Grotman ·

Elke week word meer en meer blankes sonder rede vermoor en elke week se ons die selfde! Ons weet almal dat ons nie op die regering of SAP kan staat maak nie, ons is op ons eie. As hulle dan niks doen dan sal ons dit in ons eie hande moet neem om ons self te beskerm. Te hell met die surkus van n nuwe Suid Afrika.

Wiebo ·

In die berig word genoem dat Gavin n kind van die Here was. Nou vra ek, as hy n Kind van die Here is, hoekom kyk die Here nie na sy kinders nie?? Hy is tog n God van liefde, so se almal, maar is Hy??? Baie sterkte aan die familie. Mag julle die krag he om aan te gaan.

Gerhardt ·

Wiebo, hierdie punt word op elke moord artikel gedabtteer en is nie regtig van waarde nie. Die hartseer bly. Al wat ek kan sê is dat die gawe van vrye wil fundamenteel is tot ons as mens in vergelyking met bv die diereryk of engele. Ongelukkig is die geskenk van vrye will totaal misbruik vir boosheid soos die.

Eddie ·

Wiebo n mens kan nie verstaan wat die Here se plan is as Hy dinge soos die laat gebeur nie. Maar een ding kan ek jou wel se en dit is dat ons die Here nie kan bevraagteken oor hoekom en waarom nie. Dit my vriend is nie ons plek nie. Ons kan net glo en bid en vertou dat ons nie eendag op dieselfde wyse moet gaan nie.

Kaaiman ·

Ai Wiebo, dis dieselfde vraag waarmee ek jare worstel. As ek dit net noem, bespring almal my. Maar dit maak nie my meegevoel aan die familie minder of minderwaardig nie – inteendeel. Ek wens ek kon een-tot-een met iemand soos jy praat om te probeer verstaan. Wat die werklikheid betref: Die slagoffers kom soms vir my onverskillig voor. Mens kan tog nie ‘n alarm hoor afgaan en dan net bloot gaan ondersoek instel nie. Ek praat nie veroordelend nie, bloot net dink ek dat mens eerder hulp moet ontbied, van buite meen ek. Hiermee doen ek ‘n beroep op mense om alles in te span om voorbereid te wees; moenie waaghalsig wees nie en dink voor jy optree. Dit kan jou lewe red!

Liza ·

Wiebo, ek kan verstaan dat jy en so baie ander mense met hierdie vraag worstel.

Ek stem nie saam dat so n geval in God se plan vir ons is nie. Die Bybel praat van die goeie planne wat God vir ons het en om op so n manier van die aarde weggeneem te word stem nie oor een met die goeie God wat die Bybel beskryf nie.

Ek glo dat slegte dinge met goeie mense gebeur, ons leef in n siek wêreld en daar heers n oorlog tussen goed en kwaad en soms word onskuldige mense deur die kruisvuur beseer en soms verloor hulle hulle lewens.

Die duiwel verwoes lewens lings en regs en God word geblameer en op daardie manier word nog meer mense van God vervreem.

Daar is n groot vertroosting in die feit dat Gavin n kind van God was, omdat sy familie en vriende weet dat hulle hom weer sal sien.
Eerder as om te fokus op n waarom wat moontlik nie in hierdie lewe geantwoord gaan word nie; kan elkeen wat deur hierdie storie geraak word eerder daarna streef om seker te maak dat elkeen wat hulle pad kruis ook die geleentheid gegun word om n verhouding met Jesus aan te knoop sodat wanneer hulle ook aan die einde van hulle lewe hier op aarde kom dat hulle ook die ewige lewe sal in gaan.

SNEL ·

Hoekom kry die Here die skuld vir al die boosheid, wat van Satan en sy trawante? Het Adam en Eva nie boosheid die reg gegee om te heers op aarde, toe hulle gesondig het nie, en dit het n oopdeur gegee vir boosheid om op aarde te maak en breek soos hulle wil. Die Here het gekom en herstel wat die mens vernietig het met die sondeval, en Hy is gekruisig sodat ons weer in n verhouding met Hom kan staan en later in die ewige lewe kan leef soos Hy van die begin af wou hê. Om die Here te ken maak dinge nie makliker nie, dit maak dit draagliker. Slegte dinge sal altyd gebeur, maar dien ons die Here vir Sy hand of omdat Hy God is? Die Bybel leer ons ook dat in die laaste dae vreeslike goed gaan gebeur, hoe sal ons dan staande bly as ons nou al wankel en dat vrae ons geloof beheer. In Daniël het Sadrag, Mesag en Abidnego gesê of die Here hulle red van die vuuroond of nie, hulle buig voor geen ander God nie. Laat ons ook staande bly met al die aanvalle, nie net fisies nie, maar geestelike ook en dat ons nie wankel in geloof nie. As ons die Man aan beide kante van die rivier ken, het ons mos niks om te vrees nie. Laat ons nie dat omstandighede en gebeure om ons, ons boot skud nie, maar dat ons oë op ons Stuurman wees en laat die Heilige Gees die wind in ons seile wees. Ons fokus moet op God en nie soos Petrus op omstandighede wees nie, sodat ons nie sal sink nie. Openbaring 2:25 Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek weer kom.

heni seemann ·

die naasbestaandes het troos nodig & nie ń debat oor jou geloofssiening nie…

Muller ·

My liewe Wiebo dis nie die Here wat dit doen of toelaat nie, dis satan wat lewens kom verwoes en geluk steel. Ons elke een gaan een of ander tyd die einde van ons paadjie bereik, en as jy ‘n kind van die Here is is jou naam in die Boek van die Lewe aangeteken. Gavin is nou in die hemel, hoekom alles gebeur het weet ons nie, maar die Here kry net so seer soos ons oor wat elke dag nou in ons land en die wereld gebeur

Kaaiman ·

Gerhardt, jou opmerking dat die redenasie nie veel waarde het nie, is ondeurdag en uiters ongevraagd. Ek en vele ander het miskien nie die lewensinsigte waaroor jy skynbaar dink jy beskik nie, maar dit is vir “gelowiges” soos jy vir wie ek doodbang is, want jy weet blykbaar alles en ons niks. Waarvan jy wel NIKS van weet nie is van my jarelange stryd rondom hierdie punt. As jy dit dus afmaak as waardeloos, kan ek maar net wens dat ek eendag by jou briljante kennis mag uitkom. Jou stelling is egter so vlak; dit skyn deur!

Gerhardt ·

Wiebo, hierdie vraag duik tereg keer op keer op en is verseker een van die moeilikste probleme vir ‘n Christen. Al wat ek kan stel is dat vrye wil fundementeel vir die mens as enititiet is en dit onderskei ons van alle ander vorme. Ongelukkig word vrye wil, vir nou, vir boosheid ook gebruik.

Deloris ·

ek is woordeloos …. al wat ek kan dink en kan oordra …
Ons innige simpatie en mag ons Vader julle almal optel en deurdra in hierdie verskriklike moeilike tyd …. en my hart is stukkend saam met hulle.

Beatrix Stevens ·

Ek stem… Glo nie God sou toelaat dat Sy kind seerkry?? Dit is Satan wat intree… want mense wat sulke dinge doen… deur n onskuldigge mens te vermoor is van die Duiwel”’Nadia ek kan net dink hoeveel hartseer jy moet deurmaak…. om nie daai spesiale dag sam jou geliefde te kan deel… als is van jul weggevat”’ Weet jy?? dit wat so onnodig was”’Nadia Mag jy op die dag 12 Desember wat vir jul veronderstel was… om die grootsteen gelukkigste dag te wees”’ nogsteeds jou trou aan Gavin beloof…. en weet dal al is hy nie daar in vlees??? is hy daar in GEES”’ Sterkte aan al Gavin se gesin / Familie vriende… en aan jou Nadia… Mag God jul seer genees…

Alda ·

Ek dink benewens plaasmoorde Kan ons volk Se kleinhoewe moorde en Dorps/stads huisaanvalle en moorde dalk ook asb statistieke en getalle en name en veldtogte kry – Tyd dat ons soos Frankryk in een magt bymekaarstaan en swart op wit papier sien hoe ons al uitgewis is – ook asb statistieke rondom verarming en werksverliese en die % moontlikheid dat ek of jy volgende is op grind van die navirsing – wil voorkom of Afrikaners nie Genoeg omgee oor net plaasmoorde nie

Gerhardt ·

Konteks liewe Kaaiman, konteks. Geensins is verwys na jou eie stryd nie.

Kaaiman ·

Asof jy daarvan geweet het! Ek het weer jou antwoord op Wiebo so belangrike vraag gelees. Beterweterigheid straal daaruit! Maar nouja! Dis maklik om gelowig te bly as alles goedgaan.
Juis omdat ons deur ‘n spieel na die raaisel kyk, doem vertwyfeling op. Dis hoekom ons “mens” genoem word. Steeds, vir my is jou opmerking dat die debat nie waarde het nie, verstommend ongevraagd. Nou beroep jy jou op konteks! Mag jy tog nooit in my skoene beland en hierdie brandpunt moet “face” nie!

Kaaiman ·

Maroela, waarom plaas julle nie my antwoord op Gerhardt se kommentaar nie? Dit is tog relevant!

Sune van Heerden ·

Dagsê Kaaiman

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dit neem soms ‘n wyle voor kommentaar goedgekeur word en op die webwerf verskyn.
Dankie vir jou geduld in die verband.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Mari ·

Gavin was net 32 jaar en n paar maande. Ons wat hom geken het weet hyt voluit GELEWE!! Die Here kon hom maar enige dag kom haal het, net jammer hys so wreed weggeneem. Gaan jou lewendige geaardheid so mis Gavin en daai rooikoppies wat nog moes kom vir jou en Nadia ook.

Karin Van Aswegen ·

Eddie. Ek stem 200 persent saam met jou. Dit is hartseer wat in Frankryk gebeur het maar in SA gebeur dit daagliks. Ons kan nerens gaan sonder vrees nie. Want net dalk val ‘n terroris jou aan. Ons was deur terroriste aangeval in ons eie huis. Wat maak dit slegter as wat in Frankryk gebeur het? Vanoggend is ‘n dame wat ingeskakel het op Jacaranda deur Riana van Heerden aangeval omdat sy dieselfde redeneer en toe sy dit waag om die woord blanke te gebruik, toe is hy op sy perde. Sy het hom op sy plek gesit en die foon neer gesit.

Adriana Stuijt ·

Die kommentaar dat daar min insidente plaasgevind het op Boschkop is onjuis. Ons argief CensorbugbearOrgFarmitrackerReports het die afgelope jaar meer as 530 gewelddadige ´insidente´ in die Boschkop kleinhoewe gebied geregistreer.

Christi ·

Sad om te sien hoe my ou geboorte land tot niet gaan. ‘Senseless killings’ met n government wat n duit omgee. Simpatie aan beide families!!! Ek sou kon dink dat daar positiewe veranderings in SA sou wees in die 15 jaar wat ek daar weg is.

heni seemann ·

hoekom het jy dan weg gegaan en nie gehelp bou aan n beter SA nie…

Kloekie ·

So ongelooflik hartseer en onnodig. Dink aan sy arme verloofde en familie. Wens ook net mense wag die boewe in sodat hul verras word en nie ons nie.

Richard Howard ·

RIP Gavin. I have been working alongside him for a couple of years and found him to be a really likable, helpful guy. My sincerest condolences to his fiancé and his family. This is a terrible, tragic waste.
And my condolences to the family of Lucky too.

Roan ·

Was saam Gavin op Hoërskool, was een jaar op n rugby kamp buite Thabazimbe, Gavin was die gees van die kuier met sy stories en grappe. Verskriklike hartseer nuus. Alle sterkte aan die familie in n baie swaar tyd.

Karel Sieta ·

Kaaiman en Wiebo, wees verseker daar is nog duisende wat soos julle dink ! Moenie toelaat dat die onverdraagsames julle afsit nie. Onthou dis hulle keuse om iets of iemand aan te hang. Maar dis ook my keuse om dit nie te doen nie alhoewel mens gou veroordeel word as jy waag om dit te noem…..

Sarie ·

Hennie, Sandra & familie
Sterkte & vertroosting in jul hartseer tyd – Wolfswinkel Thabazimbi

Genis ·

Wiebo en Kaaiman – ek het julle voorheen aangeraai om maar eerder soos kinders te glo, maar sien dat julle klaar is met die dinge van ‘n kind en gereed is vir vaste spyse. Maak julle gereed vir ‘n skrikwekkende maar ook asemrowende reis, al nader aan God, want met julle vrae soek julle na Hom, en wie soek sal vind. Ongelukkig is ‘n doodsberig op Maroela media nie die regte plek vir diepgaande debatte van hierdie aard nie omdat die polities korrekte sensuurtoepassing enige relevante debat sal frustreer en kortknip. Spasie is ook beperk. Maar van een ding is ek seker, julle beweeg nou baie naby aan God al lyk dit asof julle ver van Hom is. Sterkte, en maak maar die sitplekgordels vas!

Han ·

Kaaiman, dit gaan hier oor die dood van Gavin en kommentaar daaroor, nie om jou geloofskwessies/gebrek daaraan, te bespreek nie.
As jy ‘n Bybel het en indien nie, leen een en gaan lees Jesaja 45, veral verse 7, 11 en 23. Doen die moeite en besef dat God vrymagtig is om toe te laat wat Hy wil, hoe swaar dit ookal vir die mens mag wees.
Gee jou woede en aggressie vir Hom en vra vir sy vrede wat alle verstand te bowe gaan.

Kaaiman ·

Dankie vir die teregwysing Han. Ek is jammer en ek vra verskoning dat ek die verkeerde platform gebruik het. Laat my net toe om te herhaal dat ek bitter jammer vir die mense is dat hierdie tragedie hulle getref het. Weereens, jammer van my kant af. Aan al die mense wat my kommentaar gelees het, rig ek hierdie eerlike verskoning. Sterkte aan almal, veral die familie en geliefdes.

Sarel ·

Han, jy kan miskien dink dis nie die plek of tyd hier op Maroela om oor sulke Godsdiens gevoelens, twyfel en dinge waaroor mens wonder te praat nie, maar ek sê jou nou, DIS die plek en DIS die tyd. Deur 11:18,19,20 sê ons moet dit onophoudelik aan ons kinders vertel en net so is ek seker die Here sal wil hê as iemand nader aan Hom wil kom deur vrae te vra moet ons hulle help en nie wegwys nie. Hoe kan mens iemand soos Kaaiman en Wiebo wegwys en sê dis nie die plek of tyd nie. Dis skandelik! SKANDELIK! As Christen is dit vreeslik verkeerd om so iets eers te sê. Iemand vir wie jy miskien iets kan sê om hulle nader aan die Here te bring, en dat hulle ook die Ewigheid kan beërwe wys jy weg. Dis so goed soos iemand wat op n vreeslike ramp afstuur en jy sê vir hulle dis nie nou die plek of tyd nie. Hoe kan mens dit doen. As ek die dag dood is, is ek dood, moet tog nie my bo die bekering van iemand sit nie. Geen preek vir n dooie nie, die dominee moet eerder preek dat mense kan bekeer. Ek is seker dat Gavin wat n kind van die Here is ook nie sou omgee as daar hier oor dinge van die Here gepraat word, sodat iemand nader aan die Here kan beweeg nie. Mens het ook soms nie die vrymoedigheid om met mense om jou te praat oor jou diep gevoelens nie, want jy is bang vir verwerping as hulle hoor jy glo nie in die Here en Sy dinge nie, omdat dit nie sin maak vir jou nie, en dan is dit makliker om op sulke forums soos Maroela jou vrae te stel in die hoop dat iemand jou sal help dat jy dinge beter verstaan en kan help om ook weer onvoorwaardelik te glo. Kaaiman moet nie eers jammer sê nie, hy mag dit vra en ons wie kan en wil, sal hom antwoord en mense soos jy, Han, kan net verby ons kommentaar beweeg.

Charmain ·

Han ek is geskok oor jou kommentaar vir Kaaiman. Jy is so koud teenoor iemand wat net n onskuldige vraag vra.

Baie sterkte aan Gavin se verloofde, familie en vriende.

danie ·

Is daar statestieke bekend oor hoeveel van die aanvalle word uit gevoer deur buitelanders.

Estelle ·

Ons het vir Gavin geken hy was ‘n gawe man altyd gelag en baie vriendelik. Sterkte aan sy verloofde en families. Hoop hulle vang die skuldiges voor hulle nog mense gaan moor.
Nelspruit groete

Flippie ·

Alle simpatie en meegevoel aan die families en vriende van die slagoffers van die moord.

Aan almal daar buite wat onsinnige kommentaar lewer oor die weerbaarheid van slagoffers van hierdie tipe aanvalle,wil ek net vra was jy al die teiken van hierdie terroriste? Ek was al, drie keer. Drie keer was ek deur ingryping van die Here gered. Nie een keer kon my weermag opleiding my help teen die terroriste nie of my waarsku teen die aanvalle nie. En ek is parraat.

Ek hoop Maroela sal my berig plaas na wat ek nou gaan kwytraak.

Die aanvalle is nie lukraak nie. Verreweg die meeste aanvalle is berekend en bepland. Jy is net ongelukkig as jy die teiken is en slagoffers word. In die vorige bedeling sou ons die mense terroriste genoem het.

Daar is ’n verband tussen wat hier gebeur en wat in Frankryk gebeur het. Volg maar net berigte in Daily Maverick.

amelia ·

ai Danie Hulle sal mos nie die statestieke bekend maak nie want wie sal dan vir Zumpie stem hy belowe mos werk huise kos ens inruil vir n stem Ek myself al gewonder hoekom altyd selfoon steel en hoekom moes foon gerika word kan mos inligting kry en sien wie woon waar (weet nie geval hier nie) vra net is dit dalk geval elke foon duisend Rand of wat ook al en ek dink ook met elke aanval is van die buitalnders betrokke

Treurgrond ·

Wanneer wanneer wanneer gaan die wit mense sien dat daar ‘n stille oorlog teen ons gevoer word – ‘n stille wrede oorlog wat net aangaan aangaan. Gisteraand op die nuus het Mnr Zuma gese dat die ANC vir hom meer beteken as sy land. Die man is ons President ons President my goeie genugtig sy land moet vir hom meer beteken. Wanneer gaan ons oge oopgaan. My innige innige simpatie aan die Gavin se familie en verloofde – dit is so so so sad.

SNEL ·

Baie sterkte aan die hele familie, woorde ontbreek. Dis vreeslik wat hier gebeur het en weereens so onnodig.

Lenie ·

Dit is om van naar te word. Hoeveel keer gaan die berigte ons nog in ons siele ruk voor daar iets gedoen word. Die haat en verbitterde gevoel wat elke dag net sterker word oorsrky die geloof in die mensdom en ek vrees dat dit baie moeilik gaan wees om van dit ontslae te raak. Ons het al soveel keer gese genoeg is genoeg. Dis n lewe, n gesin se einde! nie n stukkie nuus wat ons kan wegvee en more net weer ons aandag spits om nog so n geval nie.. Ons moet opstaan! Dalk maar so tekere gaan soos die klomp barbare wat alles brand en plunder , is dit tog die antwoord of pleit ons maar nog n bietjie. Totaal en geheel en al “keelvol”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.