Jong man kritiek ná bakkie deur muur ploeg

Foto: ER24

ʼn Jong man het kritieke beserings opgedoen nadat hy Vrydagoggend met ʼn bakkie deur ʼn muur in Vanderbijlpark in die suide van Gauteng gejaag het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê daar word verneem hy is 17 jaar oud.

Die voorval het by die aansluiting van die R42 en Andries Potgieterlaan gebeur. Paramedici het die bestuurder by hul aankoms op die toneel binne die wrak van die bakkie aangetref, wat aan die kant van die pad gestaan het.

“Paramedici het die jong man versigtig uit die wrak gehaal en bevind dat hy ernstige kopbeserings opgedoen het. Hy was in ʼn kritieke toestand,” het Meiring gesê.

Hy is op die toneel behandel voordat hy na die Mediclinic Emfuleni gehaas is vir dringende behandeling.

Meer inligting oor die ongeluk was nie onmiddellik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mariné Lourens ·

Dagsê Christine

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Mlnope ·

Nee, die berig sê nogsteeds vrydag oggend? Maak dan die ding reg!

Wilma ·

17jaar en alleen in voertuig. Was ouers bewus hiervan. Dan moet iemand vervolg word

Mariaan ·

Ongeskik! N ou foutjie in die berig en jy prt v an” maak die ding reg”….n mens is kritiek beseer…bid liewers vir hom…em se dankie aan Maroela vir al hul harde werk om ons deurgaans op hoogte v gebeure te hou

Ongellerd ·

Party mense kan of nie lees nie of hul IK is baie laag.

Anoniem ·

Plaaslike koerant het berig die seun het ‘n epileptiese aanval gehad; dit was die rede vir die ongeluk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.