Jong man kritiek ná talle steekwonde

Argieffoto: Kent Williamson

’n Man in sy 20’s is in ’n kritieke toestand na die hospitaal gehaas nadat sy vriend hom glo verskeie kere met ’n skerp voorwerk gesteek het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Maandag omstreeks 13:00 in Cranbournelaan in Benoni plaasgevind.

“Toe ons daar kom het die man op die sypaadjie gesit. Paramedici het hom vinnig geassesseer en vasgestel hy het veelvuldige steekwonde aan sy liggaam en is in ʼn kritieke toestand,” het Meiring gesê.

Hy is op die toneel behandel en daar is gepoog om sy toestand te stabiliseer. Die pasiënt is daarna na die Themba Memorial- hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling.

Die man is glo gesteek ná ʼn argument met ʼn vriend.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fred ·

Kritiek nadat sy vriend hom met ‘n skerp voorwerp gesteek het?? Kyk, sulke vriende het niemand nodig nie.

KarenG ·

Ek was nog altyd dankbaar vir my groepie vriende. Nog te meer as ek sulke berigte lees. Met sulke “vriende” het jy beslis nie vyande nodig nie!!!

Irene ·

Elke jan en rap loop met a mes of pistool hoe moet jy veilig in hierdie land beweeg wil net weet hoe hulle opgevoed is

sylvia ·

Ja deesdae word wapens altyd byderhand gehou en gebruik vir die geringste onder onsie.

Anti spur ·

N gebrek aan disiplinne en goeie opvoeding gelukkig val ek en my gesin nie onder die nie want dit is ons keuse om nie so te wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.