Jong man kritiek ná tref-en-trap

Argieffoto: ER24

ʼn 18-jarige man is in ʼn ernstige toestand ná ʼn tref-en-trap-voorval in Newlands, Johannesburg.

Die jong man is Donderdagaand van sy motorfiets af gery in Ontdekkersweg, het Ross Campbell, woordvoerder van ER24, gesê.

Volgens Campbell het paramedici van ER24 omstreeks 19:11 by die toneel aangekom en het die slagoffer langs sy motorfiets in die pad gelê.

“Hy het noodbehandeling ontvang voordat hy na ʼn private hospitaal in Roodepoort vervoer is vir verlede mediese behandeling.”

Campbell het gesê ʼn taxi het glo met die jong man se motorfiets gebots waarna die bestuurder van die taxi van die toneel weggejaag het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Spark Plug ·

Die taxi het nie weg gejaag nie…hy het homself net later gaan oorgee en die saak by die polisie stasie gaan aanmeld…dis al. Julle sal sien…dis hoe dit is

Lewinsky ·

En dit maak dit nou OK? Mens mag nie die toneel van die ongeluk verlaat waarin jy betrokke was nie tensy jou lewe in gevaar is , punt!

Nettie ·

@Spark Plug, jy is hopelik darem sarkasties in jou opmerking?

honourable member ·

Stem saam jou Spark Plug. Dis nou weer n nuwe trick van hulle. Jaag net weg en later word dit kwansuis aangegemeld dat dit seker nou reg lyk en dan kom hulle soos altyd niks oor nie.

Oujongman ·

Dis nou hare kloof dries. Jy kan mos dink, vir VERDERE mediese behandeling.

Steve Smit ·

Oujongman ek stem saam met Dries. Wanneer jy nuus opdis vir n lewe, is dit van kardinale belang dat jou taal korrek sal wees. Mm herinner gereeld aan n onervare nuusleser wat nie sy berigte proeflees alvorens daar op die lug gegaan word nie.

Jaag weg, want ·

Jaag wrg van ongwluks toneel, want besighrid is mos belsngriker as n lewe. Hy het customers wat afgelaai mort wors. Nie NOU tyd vir stop en menslik wees nie…. Sal later gaan aanmeld by polisiestasie.

JohanL ·

Sover my kennis strek moet jy BY DIE ONGELUKSTONEEL bly in ‘n ongeluk waar daar beserings betrokke is. Jy kan nie wegry en dan later aanspraak maak jy het jouself gaan oorgee nie.

Goed en wel as jy dit doen, maar dit kom baie keer neer op wegjaag (eerste intensie) en dan besef jy later dat jy verkeerd was en gaan gee jouself oor. Ek herhaal, dit is goed as jy jouself oorgee, maar die aanvanklike wegry laat mens met baie vrae – soos hoekom? Skok, bloed-alkohol vlak, posisie van motor na ongeluk (wat neerkom op dwarsboming van gereg), ens.?

Ek dink net as jou lewe bedreig word het jy die “reg” (voorreg) om weg te ry – dink maar as jy iemand op die N14 naby Diepsloot raakry ! Die kans is baie goed dat jy aangerand sal word – sekere mense neem mos maar reg in eie hande.

Helena. ·

Kan enigiets verwag van taxi DRYWERS want hulle kan nie bestuur nie. Sterkte vir die jong man..hy sal seker die skuld ook kry vir die ongeluk.

GM ·

Oujongman, dit is seker harekloof, maar berigte behoort geproeflees te word. As mens nooit mense mag reghelp nie, hoe gaan ons kinders leer om reg te spel en regte sinskonstruksie te gebruik? Dié kan mens sien was ‘n tikfout en nie ‘n spelfout, though.
Ek het ‘n kinderboek gekoop waarin die skrywer die woord “nè” ongelooflik baie gebruik. MAAR hulle spel dit “né”. Dit is frustrerend as mens weet dis verkeerd. So het ons almal maar ons dingetjies.

GM ·

Sterkte jongman, ek hoop jy herstel gou.
Elke tweede taxidrywer jaag deesdae weg en gaan meld hulself later by die polisie aan. Is dit uit skok uit, of is dit omdat party drink ‘on the job’ en dan eers die alkohol uit hul sisteem moet kry?

Chris ·

Taxi het moordwapens geword in hierdie land. Ek kry die passasiers so jammer, hul weet nooit of hul veilig by hul bestemmings gaan uitkom nie. Sterkte aan die beseerde man.

Dirk ·

Ek wens hulle wil al die gemors taxis van die pad afhaal.Hulle veroorsaak soveel ongelukke en kom niks oor nie..

Blommie ·

Ek stem 100% saam jou Johan, hoekom jaag hy weg?
En hy gaan wegkom met wat ookal hy probeer wegsteek het.
Dis belaglik, hy moet aangekla word, daar is geen meer wet en orde in die land nie.
Baie sterkte aan die jong man en familie, hoop vir n spoedige herstel.

barend ·

Kom ons kom bymekaar in ondekkers ,stop elke taxi en gooi sy sleutes weg ,die volgende keer as n persoon raak gery word doen ons dieselfde maar dan steek ons die taxi aan die brand

JohanL ·

Nou praat jy Barend – miskien moet ons ook net vir een dag soos “hulle” tekere gaan. Behalwe die sleutels weggooi, dalk elke liewe band stukkend sny en nog voorruit uitslaan.

GM ·

Ja Ano, ek doen. Want ek kon nog nooit ‘n ordentlike woord vir ‘though’ in Afrikaans vind nie. Jy is welkom om my te assisteer daarmee.
Gewoonlik sit ek die woord in aanhalingstekens as ek nie ‘n Afrikaanse woord daarvoor kan kry nie. As jy al die kommentare gaan lees het, dan sou jy ook gesien het dat ek nie die een is wat gekla het oor die tikfout nie, ek het bloot opgekom vir Dries se kommentaar. Mense val mekaar aan, maar hul probeer nie eers die ander ou se sienswyse insien nie.
Soos ek in my kommentaar gesê het wat nou verdwyn het – Die een wat kla oor spelfoute, is netso reg soos die een wat voel die inhoud van die berig is meer belangrik. Dit gaan oor jou verwysingsraamwerk. Ek het ook gesê: “Mens kan sien dit was ’n tikfout en nie ‘n spelfout nie”. Ek korrigeer in elk geval nie spelfoute op kommentare nie, want dit sal mens die hele dag besig hou. EN ek is ook nie perfek nie. So kalmeer, ek sal jou nie uithaal omdat jy jou naam met ‘n kleinletter skryf nie ? (Lag tog ‘n bietjie).

jakes ·

Die taxi bestuurder het nie eintlik weggejaag nie maar het net gou eers die 58 passasiers gaan aflaai voordat hulle hom ook kon vaskeer vir oorlading.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.