Jong man met reusevonds dagga betrap

Die dwelms waarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf.

Dagga van derduisende rande is Maandagoggend in ʼn niksvermoedende man se huis in Postmasburg aangetref.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê die eenheid vir sigbare polisiëring in Postmasburg het inligting oor dwelms by ʼn huis in Newton opgevolg.

“Die polisie het toegeslaan op die niksvermoedende man (24) en ʼn swart sak met saamgeperste dagga binne die huis aangetref. Dié 66 rolle dagga het ʼn beraamde straatwaarde van R130 000,” het Kock gesê.

Die man sal sodra hy aangekla is in die Postmasburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Muffin ·

Hy moet mos nou uit kom met die sak patats en uitwys waar hy dit gekry het. Ek glo hy verkoop dit namens iemand.

Meneer ·

Vyf polisiemanne gevat! Lyk so trots! Dit terwyl regte kriminele ongehinderd voortgaan met hulle aktiwiteite. Super pateties.

AW ·

@Meneer sê ons Hoe Jy Dit Anderste Sou Gedoen Het…….

Kan dit wees dat die Lede op die foto nie betrokke en of teenwoordig was tydens die arrestasie nie en net saam “pose” vir die foto…

ASB @Meneer jy is die SME….. deel met ons hoe jy dit beter sou gedoen het….

Elsa ·

Ai Meneer. Dwelmsmouse kan ook gewapen wees en wat is verkeerd daarmee as 5 polisiemanne die werk suksesvol afgehandel het? Daar kon ‘n hele paar smokkelaars in daardie huis gewees het. Lyk my jy dink dwelmsmokkelaars is nie regte kriminele nie.

Deur die blare ·

Miskien weet meneer iets van arrestasies wat ons nie weet nie en dalk is sy regte naam Chuck Norris. Welgedaan SAPS eerder n arrestasies met 5 lede as geen arrestasie?.

Poppie ·

Plaas hulle net verder soek en di ander dwelma ook kry soos meth en al dai wat erger is as dagga !!!mens laat weet hulle wa en hoe si voertuie is maar ja niks gebeur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.