Jong man oorleef gru-botsing

Die wrak van die jong man se motor nadat dit meermale gerol het. Foto: Netcare 911

ʼn Jong man het ʼn ernstige botsing op die N3 in Gauteng wonderbaarlik oorleef.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê hul beamptes het Vrydagaand omstreeks 20:30 op ʼn noodoproep gereageer van ʼn voorval in die omgewing van die Marlboro-afrit naby Sandton.

Hy sê die 25-jarige man het vermoedelik beheer oor sy motor verloor, waarna dit meermale gerol en teen die Armco-versperring tot stilstand gekom het. Die bestuurder het ernstige beserings opgedoen en het gevorderde lewensondersteuning op die toneel gekry.

Weens die ernstige aard van sy beserings is hy per ambulanshelikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vir verdere behandeling geneem.

“Al die nodige owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel,” het Herbst Saterdagoggend gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gesiggie ·

Wat n wonderwerk, as ek so na die kar kyk.. was daar n engel wat hom beskerm het , jong man jy het nog n kans in die lewe gekry , Dank God daarvoor, nie almal is so gelukkig. Sterkte mag jy gou herstel.

Herman ·

Is ‘n “gru-botsing” nie noodwendig noodlottig nie? Vra maar net

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.