Jong man op dansvloer in PE doodgeskiet

(Argieffoto)

Die polisie vermoed die aanval op ʼn jong man van Gqeberha (Port Elizabeth) wat in ʼn kuierplek doodgeskiet is, was ʼn geteikende moord.

Anele Ncate was Saterdag omstreeks 21:30 op die dansvloer van die Stadium Tavern in Soweto-on-Sea, toe twee onbekende mans die kuierplek binnegekom en met vuurwapens op hom losgebrand het, sê kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder.

“Hulle het klapmusse opgehad en nadat hulle hom verskeie kere geskiet het, het hulle in ʼn onbekende swart voertuig van die toneel gevlug,” sê Beetge.

“Niks is tydens die aanval geneem nie en die polisie vermoed dat dit ʼn moontlike geteikende moord was.”

Enigiemand met inligting oor die voorval kan lt.kol. Willie Mayi by die Oos-Kaapse provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad kontak by 082 697 5914. Anonieme wenke kan ook by die polisie se Stop Misdaadnommer 08600 10111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Stofdonkie ·

Dit gaan oor geld of vrouens. Dit doen altyd, kyk maar of het die slagoffer nie met iemand anders se vrou gelol nie.

E ·

Wel gelukkig het hulle die keer beter geskiet en nie 5 ander omstanders ook gewond of gedood nie. Want met hierdie “hits” betaal ander meer dikwels die prys.

DIABLO ·

Wetsgehoorsame burgers met n wettige wapens en n wettige voertuig wat die skote afgetrek het… Ek dink nie so nie.

Nie Verbaas ·

Die tipe respek vir n ander se lewe verstom my. Dit is absoluut siek. Dit wys die onvoldoende vermoë om logies te redeneer.

piper ·

wat van die aandklok reel. gaan die taverne nou aangevat word.? baie tavernas en kroee steur hulla aan die covid inperkings nie. by vele sit die polisie saam en drink. as n blanke eienaar van so n plek dit sou waag word hy onmiddelik aangevat. in die woonbuurte gaan die shebeens net aan om oop te wees. geen wet en orde nie.

Anoniem ·

Nou kyk. Die aandklok reel was tog nou nie Saterdag in werking nie. Was dit??

koos10 ·

Piet, my eerste gedagte ook. Die plek moes eers 22:00 sluit.
Sommige mense laat nie die waarheid inmeng met hulle kommentaar nie.

Kensy ·

… 21:30 by n kuierplek…. sonder om ongevoelig te wees, wonder ek hoekom daar nog daai tyd mense in die plek was nie! As mense hulle flippen ore oop maak sal minder mense aan die virus sterf En die slagoffer sou dalk nog gelewe het. Die eienaar van daardie plek se drank lisensie moet opgeskort word en verantwoordelik gehou word…

Bel vir Gibbs van NCIS… ooral waar sy span se flits liggie skyn , is daar lei drade wat kan help om die saak op te los

Elinette ·

Uhm … Vlak 4 het eers Maandag in werking getree. Hulle mag nog tot 11:00 oop/buite gewees het.

Harley Davidson ·

Daai mense is wat beki cele sy energie en mag moet insit om te ontwapen ,nie wetsgehoorsame burgers omrede hulle ‘n makliker en sagte teiken is nie.

Andre ·

En hulle gaan tog hul vuurwapenlisensies verloor! Beki is streng daarmee!

Tanniepetoors ·

Bheki het nie ‘n probleem met hulle nie. Hulle doen ook misdaadbekamping. Wie weet, word dalk nog betaal uit een of ander Geheime Fonds ook nog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.