Jong man op Vrystaat-plaas doodgeskiet

Kyle Stols. Foto: Facebook

ʼn Ondersoekspan was Maandagoggend steeds op die toneel waar ʼn 21-jarige voorman op ʼn plaas in die Jagersfontein-gebied in die Vrystaat doodgeskiet is.

Kyle Stols, die voorman van Hatari Big Game Safaris, is Sondag deur ʼn onbekende aantal verdagtes doodgeskiet. Konst. Mosili Ntsika, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Stols se liggaam is met ʼn skietwond in sy bors aangetref. Sy vuurwapen het by hom gelê.

Ntsika het gesê die presiese gebeure rondom Stols se dood is nog nie duidelik nie. Forensiese kenners van Pretoria is vanoggend na die plaas om verder ondersoek in te stel.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê daar word vermoed dat ʼn alarm op die plaas afgegaan en Stols gaan ondersoek instel het. Hy is toe geskiet. Müller het gesê dit lyk nie in dié stadium of iets op die plaas gesteel is nie, maar dit moet nog deur die polisie bevestig word.

Verskeie mense het boodskappe van medelye en huldeblyke aan Stols op sosiale media gedeel. “Kyle, jy was altyd die vriendelikheid vanself [en] jy het jou 110% in die lewe gegee! Jy’t altyd meer gedoen as wat van jou verwag word! Jy was ʼn yster met ʼn groot hart!” het Dassie van der Poel geskryf.

Helene-Mari de Jager het geskryf dit was ʼn voorreg om Stols te kon ken. “Jy was so ʼn goeie mens met so ʼn mooi oop hart. Jy kon nooit iets sleg sê van enigiemand nie. Kyle, jy sal vir ewig in ons harte wees!”

Ntsika het gesê ʼn saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

fred ·

3 aanvalle vir die naweek # een by Lydenburg, een by Balfour en een by Jagersfontein

Marius ·

Daar was ook een aanval Sondag oggend te Plettenberg Baai en Sondag Middag in George

Denise ·

Ek is geskok die dodetal styg net van onskuldige mense wat elke dag vermoor word WAAR GAN DIT EIENDIG AS DIT SO AANGAN???????

marianne ·

Wanneer gaan iemand ingryp en se genoeg is not genoeg!!! Wanneer gaan die bloed van ons boere, hul gesinne of werkers ‘n smeemiddel wees vir ander om daadwerklik in te gryp en op te tree?

Mag God die Stols familie en Kyle se vriende en geliefdes krag gee om voort te kan gaan sonder hom. Hy sal nooit vergeet word nie.

Theresa ·

Hoe tragies. Innige simpatie aan familie en vriende.
Hoop die skuldiges word spoedig gevang en gevonnis.

Willie ·

Dit raak nou te erg, ons sal moet iets doen… regtig dit raak nou uit beheer… Moord op moord….

Han ·

En dan sê Cyril Ramaphosa die boere moet vir die ANC bid!! Dit moet andersom gebeur!

Afrikaanse Knaap ·

Hy is so mooi jong man. Dit breek my. Dis so hartseer.

Realis ·

Baie hartseer. As daar renosters/ horings op daai plaas was moenie dit uit die oog verloor nie!! Stropers sal enige iets deesdae doen om dit in die hande te kry!!

Vermeende ·

Elke maandag kom lees ons hoeveel moorde die naweek gepleeg is en dan die kommintare.
Hierdie aanslag gaan nie stop nie, dit help nie ons vra hoe lank dit nog gaan aanhou nie. Is al hierdie vermoorde mense collateral damage?
Waar is al ons voormanne wat so graag wil politiek en gesels.
My opinie, al ons leiers moet afstaan en mense n kans gee met die temprament van ouds, mense wat geen behae in politiek het nie en ook nie games wil speel nie.
Mense wat vermoor word is geen game nie, dis moord en steeds moet nuwe strategie probeer word om hirdie ongereg te probeer stop.
Ek is omgekrap oor die moord, die seun is net so jonk soos my jonste seun.
Waar is al daai blanke boepens leiers, kom wys wat julle vermag het in 23jaar, wat het julle gedoen om ons mense veilig te maak, julle wat verkies is, hulle hande drip van die bloed soos de klerk sin en die moordenaars.
Kry n ruggraat en lei ons volk of gaan staan in die ry by KFC.

Ouma ·

Wat almal wat de Klerk so kritiseer uit die oog verloor, is dat ons land op ‘n mespunt was in daardie tyd. ‘n Bloedige burgeroorlog is net-net afgeweer. Is DIT wat julle wou hê? Niemand het gedink die ANC sou sò siek uitdraai nie? Nie de Klerk of Mandella en baie van die oudstryders nie. Almal het ideale gehad van ‘n land wat saam kon vorentoe gaan in vrede en regverdigheid. Hiérdie stukkende land was nie die land wat enige iemand wou hê nie! Maar as agv die gestélery van staatsamptenare het geen geld oorgebly om die land te bou en vir almal werk en voorspoed te skep nie. Al die blaam word nou op wit monopolie kapitaal geplaas. Die helfte vand die mense weet nie eens presies wat dit is nie. Dit is hoekom ons land land lyk soos hy lyk. Niemand het meer raad nie, en die armes, net soos tydens die Franse Rewolusie, moet hulle woede op iémand uithaal. Ongelukkig is dit die boere en die wit mense.

Frans C ·

Ouma sedert 1994 is al oor die 400 000 mense in Suid Afrika vermoor.De Klerk het hom aan die neus laat rondlei en met kommuniste onderhandel.Dit was ‘n welbekende feit dat oorlede
President Mandela hom tydens die Nobel vredesprys oorhandiging De Klerk so swart daar gesmeer het in privaat en openbaar dat die gedreig het om homself te onttrek.

Niemand sê dat daar nie onderhandel moes word nie,maar dat daar eerder met volksleiers
van elke volk ‘n pad vorentoe beslegs moes word,met ‘n vetoreg aan elke volk om te keer dat minderheidsgroepe soos tans oordonder word en alles verloor waaraan hul so hard gewerk het.

Pres Mandela was vir die ou SAW so bang soos die duiwel vir ‘n slypsteen en het Pres. De Klerk sover gekry om van sy voorste offisiere ontslae te raak.

Anonieme mens ·

Rus saggies Kyle ! Sterkte aan alle familie en vriende… jy sal nooit vergeet word nie. Jou goeie menswees het almal se harte geraak.

Naomi ·

Almal vra altyd wanneer gaan die misdaad in SA einde kry. Ons blankes moet saamstaan Bla Bla Bla. God werk nie met getalle nie, inteendeel. Kyk Rigters 7, kyk bloedrivier. Die dag wanneer hierdie BOERE volk weer sy God begin soek en hom verootmoedig en bid en bekeer van verkeerde weë, dan sal die gemors in SA tot n einde kom. En bekeer beteken nie gaan net kerk toe nie. HY word verban uit skole, ingeval dit dalk iemand afronteer en en en.
Lees Deut 28, sommer die hele hoofstuk. (33 vertaling)”…….AS julle, sal EK……..” Die ou testament word selde aangehaal in die kerke. Daar is mos te veel moets en moenies, wat “mos” nie meer op vandag van toepassing is nie………
:49″ Die Here sal teen jou n nasie bring van ver, vd einde vd aarde af,soos n arend vlieg – n nasie wie se taal jy nie verstaan nie,
:50 ‘n nasie hard van aangesig, wat n grysaard nie ontsien en vir n seun geen genade het nie”
Dit is maar net 2 van baie verse wat op SA se omstandighede van toepassing is. Ons moet meer die ou testament lees en daaruit leer. Dit werk nie so om Hom net in nood te soek nie. Die spreekwoord lui “nood leer bid” . Miskien is dit tyd dat ons leer bid, maar eers as ons ons kant bring en doen wat HY SÊ.

Ek sê weer ·

Ek glo daar is sekere maniere van doen om boere uit te lok en in die slagyster te laat trap. Opleiding moet gegee word om dit te voorkom. Ek is nie ‘n kundige op hierdie gebied maar selfs ek sien dit duidelik. Gaan doen navorsing (die betrokke instansies) en daar behoort ‘n oplossing te wees want soos tans kan nié voortgegaan word.

Anoniem ·

Immigreer VANDAG!!! Kom daar weg, al is dit met ‘n rugsak besittings. Ons het, en kyk nie een dag terug nie. Doen dit NOU!

Andrea ·

Goed, dis dalk n plan as SAners wat reeds oorsee is, ons wat hier vasgekeer is uithelp . Gee raad en hulp en planne, asb. Ek sal enige dag emigreer, maar moet werk en blyplek/geld hê on dit te kan doen

Kosie ·

Andrea, jammer dame maar dit is waar jy fout maak. As jy rerig wil immigreer moet jy self daaraan werk. Jy kan dit doen, mense kan jou raad gee maar ultimately moet jy self die werk doen. Jy sal baie gelukkig wees as jy oorsee kan gaan met reeds ‘n werk. Mense oorsee het hulle eie landsburgers om werk voor te gee. Beste wat jy kan doen is dat jy of jou man, wie ook al beste gekwalifiseer is oorsee te gaan vir ‘n lang vakansie en te gaan werk soek en bereid te wees om dan daar te bly as werk gekry het, en die ander een alles in SA moet organiseer. Dit neem bietjie beplanning maar is nie onmoontlik nie. En jy het ook nie ‘n fortuin geld nodig om dit te doen nie.

Cherokee ·

Lees weer Kosie. Andrea wil emigreer en nie immigreer nie. Sy wil nie hierheen nie maar sy wil weg hiervandaan.

Vermeende ·

Ouma ek neem aan jy het JA gestem in 92.

Kom ek help jou gou reg, die ANC het nie in 94 met die gewapende sryd begin nie, SA was teen 94 al vir dekades in n burgeroorlog, op ons grense en in die binne land, onthou jy die bomme wat die ANC geplant het om burgers te dood??
Nee oumatjie jy soos vele ander het de klerk se propaganda hoe lyn en sinker gesluk.
Hoekom het jy in n tyd van oorlog de klerk se burgeroorlog spook so gefrees, SA het in 94 die 6de sterkste weermag in die wereld gehad wat vir jou en al die JA stemmers se beskerming daar was maar vandag het jy niks en niemand om jou te beskerm nie. Jou eie mense word vandag afgemaai en jy frees nog steeds n burgeroorlog en praat de klerk goed.
Hierdie moorde rus stewig op die liberale blanke se skouer wat sy sin in n NSA gekry het.
Jy se niemand het geweet wat gaan gebeur nie, dis omdat niemand na die waarskuwings van Dr Andries wou luister nie, maar ons het darem n kans om hier tussen mekaar te kom le en mor.

Han ·

En dan sê Cyril Ramaphosa die boere moet vir die ANC bid!! Dit moet andersom gebeur!

Anoniem ·

As daar maar net ‘n “like” knoppie was…

Dr. Andries wat ‘n legende.

Cherokee ·

Vir Dr Andries luister sê jy.
Die KP se enigste doel was om die regse stem te verdeel want hulle het met ‘n soortgelyke grondslag die HNP geopponeer. Na die HNP gestig is en die NP geskrik het, is die KP gestig met ‘n byne identiese konstitusie maar hulle het die HNP beveg in verkiesings. Maak jou eie gevolgtrekkings.

louise ·

Ons boere word uitgemoor en mense se lewens vernietig – maar op die einde gaan daar vir niemand voedsel oor wees of n toekoms vir ons jong mense wees nie. Bendes en drugs neem ons jong mense se lewens oor. Die leiers hou hul doof tot hulle mense geraak word. toi toi help klaar ni meer nie. Sorg dat jou siel reg is want daaraan kan niemand raak nie en dis al wat ons oor het.

Werner ·

Oumatjie hierdie eensydige oorlog waar in ons nou is is baie erger as n burger oorlog in burger oorlog kan jy darem terug baklei

Theresa ·

Presies. En daar is ‘n sterk emosionele afpersing element ook by.

Louis Prinsloo ·

Ai dis tyd dat iets gedoen word met huidige wet stelsel wat toelaat dat skelms vermeerder of maklik van kriminele aksies weg loop ?

LODEWYK ·

Ouma, jy se de Klerk kon nie anders want daar kon ‘n bloedige burgeroorlog uitbreek as hy nie toegegee het nie. Wat anders as ‘n bloedige burgeroorlog is nou aan die gang teen ons blankes. Of is jou mense waarvan daar nou elke naweek minstens 3 sterf iets wat jou nie raak nie. Daar gaan van ons niks oorbly as die ANC as sy trawante met ons klaar is nie. Ek het presies geweet wat vir ons wag in 1994, want dit is hoe die hele Afrika opereer. Jy was uiters naief om iets beskaafd te verwag.

marius ·

Sal net graag wil weet waarvoor ons as jong manne 2 jaar van ons lewens moes opoffer en toe word die land net so gegee vir die mense wat ons moes baklei om uit die land te hou.Sal graag wil weet aan wie se kant sal die huidige weermag baklei as daar nou n burgeroorlog uitbreuk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.