Jong man reeds drie maande vermis

Gustav van der Merwe. Foto: Verskaf

Gustav van der Merwe. Foto: Verskaf

Die polisie en die Pink Ladies het ʼn beroep op die publiek gedoen om te help om Gustav Wilhelm van der Merwe (27) op te spoor, nadat hy verlede jaar spoorloos van ʼn plaas in die Wolseley-omgewing in die Wes-Kaap verdwyn het.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, het Donderdag aan Maroela Media gesê Van der Merwe is in November deur sy ma as vermis aangemeld nadat hy hul plaas, Hoekiesdam, in sy motor verlaat en nie weer teruggekeer het nie.

“Hy is op 7 November om 15:00 vir die laaste keer gesien. Hy het ʼn swart langmouhemp en ʼn swart broek aangehad,” het Rechner gesê.

Van der Merwe het bruin hare, wat hy moontlik in rastalokke dra, ʼn rooibruin snor en baard, blou oë en weeg sowat 80kg. “Die polisie soek sedert November na hom. Daar was al sprake dat hy in Observatory in Kaapstad gesien is, maar dit kon nog nie bevestig word nie. Mense moet egter oral oplettend wees aangesien hy op enige plek in die land kan wees.”

Rechner het ʼn beroep op die publiek gedoen om ʼn plakkaat met Van der Merwe se inligting wyd op sosiale media te deel met die hoop om hom vinnig op te spoor. Sy het die publiek ook versoek om op die uitkyk te wees vir sy motor, ʼn rooi BMW 320i 1984-model, met die registrasienommer CFA 4606.

Enigiemand wat weet waar Van der Merwe hom bevind, of wat sy motor sien, word versoek om ao. Carlitz van die Wolseley-polisie te bel by 023 231 8000 of die Pink Ladies by 072 214 7439.

Gustav van der Merwe.

Gustav van der Merwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gesiggie ·

Ek wil net vra Gustav Wilhelm v/d Merwe… as jy die berig lees, en jy is iewers veilig, stel asb net jou Ma in kennis, want jy is nie die een wat elke dag moet sit en Warry” is my kind ok? lewe hy, het hy kos… ek word so kwaad vir mense wat net verdwyn, sonder om iemand intelig… en dan na n paar maande POP hul net weer op. Jammer aan Gustav se ma as jy dink ek klink wreed, maar besef hy wat se hel jy deur moet gaan… Ek hoop van harte dat jy veilig is: meskien het jy tyd nodig om te dink ? of vlug jy ? Mag met die hulp van die Pink Lady’s en ander mense, jy gevind word… sal opvolg wil lees.

Ben (:-) ·

Stem saam maar sy my is dalk die rede hoekom hy verdwyn het – wat dan ?

DPJ ·

Hoop net nie hy is een van die misdaad statistieke nie.
Hoop maar hy het weggeloop dan en veilig.
Ons bid die Here se seën oor u en u seun dat hy wel gou opgespoor word en julle kan herenig.

minke ·

Het hy dalk ‘n bank wat hulle kan kyk of daar beweging is of ‘n selfoon iewers moet hy geld kry om van te lewe. Ek hoop hulle kry gou nuus en dat dit goeie nuus is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.