Jong man se liggaam in Pretoria gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn jong man Donderdag agterop ʼn bakkie in ʼn veld in Erasmia, wes van Pretoria, opgespoor is.

Konst. Tumisang Moloto, ʼn polisie woordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê veiligheidsbeamptes het die kleinhoewes in die omgewing gepatrolleer toe hulle die goue Ford Bantam-bakkie in ʼn veld opgemerk het.

“Die beamptes het gaan ondersoek instel en gesien die voertuig se deure staan oop,” het Moloto gesê. “Die beamptes het die liggaam van ʼn wit man, tussen 30 en 35 jaar oud, agterop die bakkie aangetref.

Hy het sigbare beserings en kneusplekke aan sy bolyf opgedoen. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek om te bepaal hoe die man gesterf het. Hy is al geïdentifiseer, maar sy naam kan nog nie bekendgemaak word nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Moloto het gesê die motief vir die moord is nog onbekend. Hy het ʼn beroep op die publiek gedoen om na vore te kom as hul enige inligting oor die man se moord het. Mense met inligting kan Crime Stop anoniem by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leeutjie ·

Dis baie tragies. Ek dink aan hierdie jongman se naasbestaandes en bid, hoop en vertrou dat God hulle sal troos in hierdie moeilike tyd.

Jakkie ·

Dis ‘n slegte gebeurtenis. Hoop die saak word behoorlik ondersoek en dat as die man vermoor is dat die skuldige(s) gou opgespoor word. Wat my nuuskierigheid prikkel, is die goue Bantambakkie. Dit moet ‘n fortuin werd wees en dis onbegryplik dat die rowers nie die goue bakkie gevat het nie. Dit blyk dus nie roof te gewees het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.