Jong man se liggaam op skoolterrein gevind

Argieffoto: Kent Williamson

Die liggaam van ʼn jong man is Maandag vroegoggend op die terrein van ʼn skool in Heidedal in Bloemfontein in die Vrystaat aangetref.

Sers. Ikobeng Hlubi, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam van ʼn man (22) is vanoggend omstreeks 04:00 op die skoolterrein van die Joe Solomon Primêre Skool in die stad deur ʼn veiligheidswag aangetref.

Die slagoffer het ʼn steekwond aan sy regteroog opgedoen.

Volgens Hlubi het getuies gesien hoe die slagoffer deur twee mans in ʼn kombi gejaag word. Hy het glo oor die skool se heining gespring waarna hy later op die skoolterrein aan sy besering beswyk het.

ʼn Verdagte (38) is sedertdien by ʼn plaaslike hospitaal in hegtenis geneem in verband met die voorval. Die verdagte is glo gedurende die jaagtog beseer en het steke ontvang toe hy deur polisie vasgetrek is.

Hlubi kon nie in dié stadium meer inligting rakende die voorval verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.