ʼn Man, vermoedelik in sy 20’s, is Dinsdagaand op die N12-snelweg in Benoni aan die Oos-Rand doodgery.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 22:45 naby die Tom Jones-afrit plaasgevind.
Volgens Meiring was die man ʼn voetganger en is hy deur verskeie voertuie getref voordat ʼn motoris hulp ontbied het.
“By paramedici se aankoms op die toneel is die man se liggaam in die vinnige baan van die snelweg aangetref. Sy liggaam het sowat 5 m ver van ʼn motor af gelê,” het Meiring gesê.
Die man het veelvuldige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder van die motor is nie beseer nie.
Owerhede was op die toneel om die voorval te ondersoek.
Dis mos die gewoonte om op of oor ‘n pad te wil loop. Ongelukkig is dit die gevolge daarvab.
Wat wil hulle ondersoek, ñ voetganger hoort nie op ñ snelweg nie!
Dit is ‘n donker stuk snelweg in die nag. Geen ligte nie. As ‘n voetganger oor die snelweg loop sal jy hom nie sien tot dit te laat is nie. Dit sal baie on regverdig wees om iemand in hegtenis te neem…