Jong man se verdwyning steeds ʼn raaisel

Barry Leonard. Foto: Facebook

Barry Leonard. Foto: Facebook

Barry Leonard (20), wat amper twee weke gelede spoorloos in Hermanus verdwyn het, is steeds soek.

Kapt. FC Van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die Hermanus-polisie is steeds in kontak met Leonard se gesin. “Daar is sover geen leidrade oor waar hy moontlik is nie.”

Leonard is die laaste keer gesien toe hy op 5 November omstreeks 02:00 die Mock Turtle-kuierplek verlaat het. Hy het glo in die rigting van Ou Hawe gestap. Hy het ʼn grys hemp en donkerkleurige broek aangehad. Familie en vriende het met ʼn soektog na hom begin, maar daar was geen teken van hom nie.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSR) het ook ʼn grootskaalse soektog aan die kuslyn, in die see en in die omgewing van die Ou Hawe van stapel gestuur, maar ook sonder enige sukses.

Tronel Meintjies, wat die Facebook-groep Hermanus Staan Saam bedryf, het aan Maroela Media gesê hulle beplan om ʼn groot groep inwoners bymekaar te kry om met die soektog te help. Volgens Meintjies sal die groep onder meer langs die strand afstap en soek na enigiets wat dalk ʼn leidraad kan wees oor waar Leonard is of wat met hom gebeur het. “Dit is so hartseer. Hierdie tipe goed gebeur nie in Hermanus nie.”

Leonard het volgens berigte nie sy foon by hom gehad nie. Enigiemand, met inligting oor die voorval, word versoek om die ondersoekbeampte, kapt. Fadila September, te kontak by 028 313 5300 of die organisasie Pink Ladies by 072 214 7439 of 021 712 1029.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sterkte ·

Seker die stupidste woordjie, maar werklik uit my hart baie sterkte, mag hy iewers opduik of gevind word.

Elzabe ·

Bid elke dag dat hy veilig gevind sal word, en met al sy geliefdes her-enig word. Sterkte aan sy geliefdes in hierdie tyd van onsekerheid.

Hannelie ·

Ek bid dat hy veilig is….waar hy ookal mag wees. Dat hy ten minste gevind word sodat sy gesin berusting kan kry. Wonderlik om te sien hoe Hermanus se mense saamstaan.

LB S ·

Dit is so hartseer. So mooi seun! Hoe moet sy Ma nie voel nie? Ons kan net bid dat sy geliefdes afsluiting hierin kan vind, wat ook al die uiteinde is. Julle is in ons gebede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.