Jong man sit lank ná hy drie haweloses vermoor

Argieffoto

ʼn 18-jarige man is in die Virginia-streekshof in die Vrystaat gevonnis nadat hy drie hawelose mans in Maart 2016 vermoor het.

Mokete Samuel Fane (18) is Donderdag tot 45 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op aanklag dat hy drie hawelose mans tydens die naweek van 6 Maart 2016 vermoor het. Hy is tot 15 jaar tronkstraf vir elk van die moorde gevonnis, het die polisie Dinsdag gesê.

“Die drie mans is die naweek van 6 Maart 2016 dood aangetref op verskillende plekke in Virginia,” het sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die eerste slagoffer is die Sondagoggend omstreeks 06:30 in ʼn plas bloed, halfkaal en met sy skoene langs hom, buite die Virginia-poskantoor gevind. Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied en hy is dood verklaar. Hy was ʼn swart man, tussen 25 en 35 jaar oud.”

Die tweede slagoffer was ʼn wit man, moontlik tussen 30 en 35 jaar oud. “Hy is buite die FNB gevind en is ook op die toneel dood verklaar. ʼn Groot klip met bloedvlekke daarop is langs hom gevind. Die woord ‘JESUS’ en ʼn kruis is in bloed geskryf,” het Mokhuoane bygevoeg.

Die derde slagoffer is die Maandagoggend, 7 Maart 2016, omstreeks 08:00 buite die Dunlop Tyres in Virginia gevind. “Hy het op die grond gelê met gebreekte tande en ʼn mond vol bloed. Langs hom was ook ʼn groot klip met bloedvlekke daarop. Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied. Hy is na een van die hospitale in Welkom gehaas vir mediese behandeling, en is later na ʼn hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas waar hy later dood verklaar is.”

Fane, ook haweloos, is op 9 Maart 2016 in hegtenis geneem en het 10 Maart 2016 vir die eerste keer in die hof verskyn. Hy het aanvanklik tereg gestaan op twee aanklagte van moord en een van poging tot moord. Die aanklag van poging tot moord is later na ʼn moordklag verander, het Mokhuoane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Manie ·

Dit is presies waar hy wou wees want daar kry ky kos, slaap plek, mediese sorg. TV, securiteid en wat ook nog verniet. Baie slim mannetjie daai. Geen verdere worries nie. Knap gedaan

Parool ·

Netso Manie, geen bekommernisse vir die volgende 45 jaar. Hy sal ook nie aansoek doen vir parool. Vry sekuriteit ook om nie aangeval te word.

Johann ·

Ek hou van sulke vonnisse, as hy dit maar net enduit gaan dien

Christa ·

Dink julle hy gaan regtig 45 jaar sit of gaan dit ook gelyklopend wees wat dan maar 15 jaar is en na 7 jaar is hy weer uit op parool?!!!

Claudette ·

Manie..lol Dis wragtig wat gebeur……..En ja hulle dien deesdae net n derde van hulle vonnisse uit dan is hy vry..

Luna ·

En die 3de slagoffer? Is hy wit of swart, of word dit maar net so uiteengesit sodat ons kan sien dat hy ‘n swart en wit mens vermoor het? Dit maak dan seker nie saak of die 3de slagoffer wit of swart was nie ne?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.