Jong man skok erg met vlieër

Kragdraad (Foto: Unsplash)

ʼn 18-jarige man van Port Elizabeth is Woensdag in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal in die stad opgeneem nadat hy deur elektriese drade geskok is toe hy en ʼn sewejarige seun besig was om ʼn vlieër te vlieg. Die seun het ligte beserings opgedoen.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, sê die polisie in Gelvandale in Port Elizabeth is net ná 18:00 na Tweede Laan in Windvogel ontbied. Daar het hulle op die jong man afgekom wat ernstige brandwonde reg oor sy liggaam opgedoen het in die voorval.

“Volgens die inligting van die polisie op die toneel het die jong man en die seun ʼn vlieër naby elektriese kragdrade gevlieg toe die vlieër skielik aan een van die elektriese drade geraak het,” sê Janse van Rensburg.

“Die elektriese stroom is deur die jong man se liggaam en hy het in die proses ernstige brandwonde opgedoen. Die sewejarige het ligte beserings opgedoen.”

Paramedici het die man en die kind op die toneel behandel. Hulle is daarna na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

“Geen saak is by die polisie aanhangig gemaak nie,” het Janse van Rensburg gesê.

Mthubanzi Mniki, woordvoerder van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, sê die munisipaliteit ondersoek nog die presiese oorsaak wat tot die voorval gelei het.

Hy het ook ʼn waarskuwing namens die munisipaliteit uitgereik dat kinders nie met hul vlieërs naby kragdrade moet vlieg nie.

“Die neiging is kommerwekkend. Behalwe dat vlieërs met die lewering van die elektriese toevoer na maatskappye en wonings kan inmeng, kan dit ook jou lewe kos,” waarsku Mniki.

Die Caring for Port Elizabeth-Facebook-blad het die gemeenskap gevra om vir die twee te bid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

henndrik ·

Miskien verstaan ek iets nie reg nie, in my dae het ons vliers van hout en papier gemaak en met ‘n tou gevlieg en ek is redelik seker dit gelei nie elektrisiteit nie, watse vlieer is hier van toepassing?

Phillip ·

dalk koper draad gebriuk vir die vleer kopper is ook mos lig dis al wat ek aan kan dink .. ja van dag se vleers is met biug bare plastiek gemaak of het dalk grafaai stokke gebou maar nog kan tou nie krag weer ly nie net kopper en draad ja

Cherokee ·

Ek weet nie of nylon krag weerlei nie, so wat as die tou van nylon was. Miskien is ‘n tou gebruik vir die vlieër, wat een of ander metaal soos koper in het.

Pampoen ·

Ja-nee, dis nie moontlik nie. Ek spekuleer dat hulle vlieer aan die draad vasgesit het en dat hulle toe ‘n gelydende stok gebruik het om hom te probeer loshaak.

AmY ·

Waarom sal hulle ‘n saak by die polisie aanhangig wil
maak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.