Jong man skuldig aan moord op polisiemanpa

Petrus Holz.

Petrus Holz.

ʼn 22-jarige man is skuldig bevind aan die moord op ao. Petrus Johannes Burger Holz (49), ʼn polisieman en pa van twee.

Adriaan Hendricks is Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op Holz op 29 Julie 2015. Holz het vroegoggend op die N2 tussen Somerset-Wes en Khayelitsha gery en was op pad kantoor toe. Hy het vir die Valke se afdeling vir kommersiële ondersoeke gewerk.

Holz het glo oor klippe in die pad gery waarna twee van sy motorbande gebars het. Hy het stilgehou en onmiddellik hulp ontbied. Hy is egter binne die volgende tien minute vermoor. Die hof het bevind dat Hendricks met opset die klippe in die pad geplaas het.

Regter Robert Henney het gesê Hendricks het “brute krag” gebruik om ʼn mes 4 cm in Holz se been in te dwing en dat hy ʼn aar raakgesteek het.

Hendricks is skuldig bevind op aanklag van moord, twee aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging, poging tot roof met verswarende omstandighede en roof met verswarende omstandighede.  Holz se selfoon en navigasietoestel is gesteel.

Twee weke voor die moord op Holz is nog ʼn motoris op dieselfde pad aangeval. Jacques Loots het op 17 Julie oor klippe in die pad gery en sy motor se een band het gebars. Hendricks het op Loots se motor toegesak en ʼn mes uitgepluk. Loots kon egter daarin slaag om weg te kom. Sy selfoon is ook gesteel.

Regter Henney het gesê Loots het Hendricks as die verdagte geïdentifiseer. Hy het gesê dit was te veel van ʼn toeval dat dieselfde modus operandi in albei aanvalle gebruik is, albei slagoffers met ʼn mes gesteek is en albei se selfone gesteel is.

Holz word oorleef deur sy vrou en twee kinders, ʼn volwasse seun en ʼn tienerdogter. Sy vrou, Rene, en dogter Michaela was in die hof toe Hendricks skuldig bevind is. Hulle wou egter nie met die media praat nie. Hendricks het geen emosie getoon tydens sy skuldigbevinding nie en het kort-kort na die slagoffer se familie gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Adeline ·

Barbaars! Sy arme vrou en kinders, dis siek! Sterkte vir sy familie, nog n lewe sinneloos gesteel.

Helena ·

Alles goed en wel….net jammer dit bring nie my Ouboet terug nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.