Jong man sterf, een ernstig beseer in motorfietsongeluk

Die motorfiets se wrak. Foto: Verskaf

Een man is dood en ʼn ander is ernstig beseer in motorfietsongeluk in die vroeë oggendure in Secunda, Mpumalanga. Albei mans is vermoedelik in hul 20’s.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 02:00 op die R580 plaasgevind.

“Die bestuurder het vir een of ander rede beheer oor die motorfiets verloor en die twee mans het van die motorfiets afgeval,” het Van Huyssteen gesê.

By paramedici se aankoms op die toneel is een van die mans in die pad aangetref. “Hy het ongelukkig geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”

Die ander man is met ernstige beserings op die toneel aangetref. Hy is behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Daan ·

Wat maak die mense so vroeg in die more pleks slaap hulle soos dit hoort dan was al hierdie verdriet gespaar.

Elsabie ·

Baie sterkte aan die families. Daan geen idee hoekom hulle nie daardie tyd van die oggend nie slaap nie maar miskien was hulle dalk terug van die werk nadat hulle oortyd moes werk of so iets. Wat ookal die rede, dit is tragies.

Yankee ·

Regtig, wie preek im te slaap of nie? Jy kan slaap en Satan wandel jou huis binne om te moor. Drank, spoed, en al dit veroorsaak slagting!

Gesiggie ·

Sal altyd die komentaar wees? 2 uur in die oggend.. beteken net een ding, moes iewers gekuier het? nie altyd noodwendig, want nog nie die volle storie, hul kon dalk laat gewerk het, maar ja nou weer 2 mans op n motorfiets… ons sal nie die antwoord ken, want ons was nie by… so jammer vir die man wat dit nie gemaak het nie…sterkte aan die vriend met sy herstel….en sterkte aan die Familie

Johann van Cullinan ·

Wel. Ek ry self motorfiets werk toe en dit kan gebeur om beheer te verloor wanneer dit donker is. Veral op ‘n draai. Dit howf nie skerp te wees nie. Olie, water of diesel op ‘n padoppervlak kan ‘n motorfiets se wiele laat gly. Of die motorfietsryer was nie die eienaar nie, dat die vriend dalk bestuur het. ‘n motorfiets hanteer ook moeiliker wanneer daar gelift word. As die passasier byvoorbeeld nie in ‘n draai saam na die kant toe lê war gedraai word nie, kan die motorfiets ryer ook maklik beheer verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.