Jong man sterf in botsing op snelweg

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Jong man is Saterdagoggend dood toe sy voertuig in Benoni aan die Oos-Rand teen versperrings langs die snelweg gebots het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die botsing omstreeks 04:00 op die N12-Oos naby die Snake Road-afrit plaasgevind.

“Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die motor verloor waarna dit teen die versperring gebots het. Die motor het daarna gerol en in die middel van die pad tot stilstand gekom,” het Meiring gesê.

Die man was reeds dood toe paramedici opgedaag het. Sy liggaam was in die motor se wrak vasgekeer.

Owerhede ondersoek die saak en die presiese oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Thea Gerber ·

Dink jy dat ‘n wettige lisensie jou ongelukbestand maak? ‘n Ongeluk is presies wat die woord sè, iets wat onbeplan is, sonder voorsiening van die resultaat. Simpatie aan die jong man se naasbestaandes.

Esta ·

Versperrings en bome het die neiging om in vroee oggendure oor naweke verbygaande verkeer hul beheer laat verloor.

Esta ·

Nee, jy dink aan iemand anders. Ek is die reguit ongeskikte een.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.