Jong man sterf in botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man in sy twintigs is Vrydag dood nadat sy motor teen ‘n vragmotor gebots het op die N12.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het naby die R54-afrit in die rigting van Vereeniging plaasgevind.

Volgens Bodasing was die man steeds in die wrak vasgekeer met paramedici en brandbestryders se aankoms op die toneel. Daar was ongelukkig niks wat paramedici kon doen nie en die man is op die toneel dood verklaar.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.