Jong man sterf in fratsongeluk op plaas

Christiaan Scholtz. Foto: Facebook

Christiaan Scholtz. Foto: Facebook

Christiaan Scholtz (23) is Maandag in ‘n fratsongeluk op ‘n plaas in die Paarl in die Wes-Kaap oorlede.

Lt. Kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ‘n geregtelike doodsondersoek geopen is nadat ‘n jong man Maandag omstreeks 10:30 op ‘n plaas dood is. “Die omstandighede rondom sy dood word ondersoek.”

Maroela Media het intussen verneem dat Scholtz aan ‘n bakkie gewerk het toe die ongeluk plaasgevind het. Hy het glo vir ‘n werknemer op die plaas vir oorleikabels gaan vra voor hy terug is na die bakkie.

Die werknemer het die kabels na buite geneem toe hy Scholtz onder die bakkie aangetref het. Daar word vermoed dat Scholtz moontlik nie die handrem van die bakkie opgetrek het nie en dat die bakkie oor hom gerol het.

Scholtz het by die Hoërskool Garsfontein gematrikuleer en het onlangs sy graad voltooi by die Universiteit van Stellenbosch.

Scholtz se suster het intussen op Facebook gesê: “Christiaan was so groot deel van my wêreld dat ek nie kan dink aan ‘n enkele plan vir die toekoms wat hom nie op een of ander manier ingesluit het nie. Hy was die beste broer waarvoor enigiemand ooit kon vra en ek kan my nie indink om sonder hom aan te gaan nie.”

Een van Scholtz se vriende het geskryf: “Langpiet my vriend. Vandag het alles tot ‘n skielike stilstand gekom. Nou staan ons almal en kyk terug na al die positiewe bydraes wat JY in ons lewens gemaak het. Ek het die meeste respek vir jou my vriend, jy het almal van ons gewys wat vasbyt deur tawwe tye beteken en dat opgee nie ‘n opsie is nie. Die Oubaas het jou te vroeg kom haal Chrisjan, en ek mis jou so baie dat my hart pyn.

Dankie vir alles wat jy vir ons geleer het van nederigheid, vriendelikheid en Christenskap. Daar word verwys na jou as ‘n legende…ek, en al jou vriende sekondeer daardie stelling. Dankie vir die MENS WAT JY WAS. Die tyd was te kort, maar jy sal vir die res van ons lewens in ons harte bly voortleef. Vanaand klink ons ‘n glasie op jou Chrisjan, ons is lief vir jou. Hou die kole warm daar bo sodat ons kan braai wanneer ons jou join…totsiens Boesman, tot ons mekaar weer sien (sic).”

Scholtz word oorleef deur sy pa en sy suster.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AmY ·

Dis so tragies as iemand wat so jonk is sterf. My innige simpatie aan sy familie en vriende.

Elizabeth ·

Regtig ‘n fratsongeluk en so jammer dat iemand met breinkrag en so jonk nog weg is. Ek hoop sy familie word vertroos en vind aanvaarding.

Mias ·

Dis hartseer van n jong man wat lewe nog voorle ek kan net bid vir sy geliefdes

Canned Phantom ·

So hartseer as wat ons almal nou is moet ons ook leer uit hierdie geval. Dit was voorkombaar. Ons weet nie nou wat die presiese oorsaak was nie. Ons moet die heeltyd in gedagte hou vlietend die lewe is. Dit kan in ‘n oogwink eindig as ons nie die heeltyd versigtig is met wat ons doen nie. Sterkte aan die familie.

Marie Senekal ·

Innige simpatie met Christiaan Scholtz se afsterwe aan sy Pa, sy Sus, sy familie en al die vriende. Hy is Veilig! Tannie Marie

Mike Ormsby ·

I was his head coach at Rice University. Christiaan was a fine young man. I am glad I got to know him. My prayers are with his entire family. The good lord took him early. I hope and pray that the good lord had a plan. Christiaan threw himself into lacrosse. I’m sure he dealt with life just as he learned lacrosse. He was a bright young man and I will greatly miss him. I only knew him for a short time, but I did get to know him well. I will always remember his inquisitive nature wanting to learn, and better himself. My words to his family are that he was a good person and they raised a gentleman and a scholar. I pray that your grief is comforted by knowing he was respected and enjoyed here in Texas.

My sympathies to the family.

Mike Ormsby

Rice University Head Coach – Men’s Lacrosse

Christine Scholtz ·

Hierdie artikel is effens foutief. Daar was geen bakkie betrokke nie, en die werknemer was vroulik, nie manlik nie. Ondersoek asseblief dat die informasie wat jul publiseer wel korrek is voordat dit die lig sien.

Nico Strydom ·

Haai Christine. Ek het vir jou ‘n e-pos gestuur.
Vriendelike groete
Nico

Wida du Plessis ·

Daar was op 1 Julie 2014 ‘n artikel in Die Burger wat die ER24 paramedici op die toneel aangehaal het dat ‘n bakkie betrokke was. Mense rapporteer en lewer kommentaar uit meelewing en bedoel nie sleg nie. As die feite nie korrek is nie, behoort dit reggestel te word.

Suline Burger ·

Nou vertel ons dan wat die korrekte feite is Christine!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.