Jong man sterf in gru-ongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy vroeë 20’s, is Donderdagoggend dood toe hy op die N12 in Mpumalanga met sy voertuig agter in ʼn vragmotor vasgery het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het kort voor 06:00 ongeveer 45 km buite Witbank gebeur.

“Die motor se voorkant was onder die vragmotor ingefrommel. Met paramedici se aankoms het die bestuurder reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê. Die vragmotorbestuurder was ongedeerd.

Meiring het gesê insleepdienste het ʼn hystoestel gebruik om die motor onder die vragmotor uit te sleep. Reddingswerkers het daarna meganiese toerusting gebruik om die man se liggaam uit die wrak te verwyder.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Speedguard ·

Dit is verskriklik, sterkte aan almal en hoop ek die saak word behoorlik ondersoek,

Theresa ·

So tragies. Krag aan familie en vriende! Hou ons op hoogte hiermee. Was die vragmotor stilstaande – 06:00 is nog donker – dalk sonder ligte of aanduiding dat hy stil staan? In die pad – langs die pad????

Koos1 ·

Soos ek die foto kyk, lyk dit vir my of die trok regs van die geel lyn staan, d.w.s. in die linker baan!
Baie sterkte vir die familie en vriende van die oorledene.

Oog ·

Ek het eendag ‘n trok rakelings gemis wat stilstaan in die rybaan 10km suid van Mariental. In my truspieël sien ek drywer staan en tandeborsel voor sy trok….
Sterkte vir die familie.

Wat-ek-lees ·

Tot die agterwiel is afgeruk met die slag!
Sommige vragmotors het ‘n buffer agter in die vorm van ‘n pyp reeds om hierdie gebeure te voorkom dat daar onder die bak ingery word tydens ‘n botsing.

Theo Liebenberg ·

Wou ook vra waar die trok se laeprofiel buffer is. Kan dit wees dat dit heeltemal ingestamp is> Ek dink nie so nie.

Asjas ·

Daai trok lyk nie vreeslik padwaardig nie. Baie stadig gery met geen werkende ligte?

Wat-ek-lees ·

Asjas jy is reg, let ook op dat daar geen glimstrook agter is soos deur die wet vereis.
Weens die gebrek aan wetstoepassers op ons paaie maak en ry ons net soos ons wil. Tog verskyn hulle (spietkops) oornag gedurende langnaweke, kersfeestyd ens. Wonder waar is hulle die res van die tyd?

john samuel ·

Korrek! Hulle noem daardie bar agter op die lorry ‘n “test your airbags” bar….

KarooKlong ·

Wil vir my voorkom asof die motorbestuurder die trok se spoed onderskat het in ‘n verbygaan poging. Spoed sal uiteraard die skuld moet kry te oordeel aan die skade van die motor.

SUSAN ·

Het al self afgekom op ‘n bakkie en vragmotor wat in die donker doodstil staan in die middel van ‘n rybaan. Het gelukkig stadig gery want sou anders in ‘n kop aan kop botsing beland het as ek sou verbygaan om nie agter in die voertuie in te ry nie. Sulke ongelukke gebeur al meer en ongelukkig is die meeste getuies oorlede in die ongeluk en kom die skudige daarmee weg. Het al begin dink dit word moedswillig gedoen. Waarsku gereeld my kinders om op die uitkyk te wees vir stilstaande voertuie in die middel van die pad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.