Jong man sterf in motorfietsbotsing in Pretoria

Die motorfiets se wrak. Foto: Verskaf

ʼn 23-jarige man is Vrydag in ʼn motorfietsbotsing in Centurion dood.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op ʼn gedeelte van Solomon Mahlangu (Hans Strijdom)-rylaan plaasgevind.

“Die motorfiets het teen die agterkant van ʼn bakkie gebots. Met die paramedici se aankoms op die toneel is die bakkie en die motorfiets se wrak in die middel van die pad aangetref. Die motorfietsryer het ʼn paar meter van sy motorfiets af gelê,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring was omstanders reeds besig om noodhulp op die man toe te pas. Paramedici het by hulle oorgeneem en vir nagenoeg 30 minute gepoog om hom by te bring.

“Ongelukkig was alle pogings onsuksesvol en is hy op die toneel dood verklaar.”

Die bestuurder van die bakkie is deur die paramedici ondersoek en is ongedeerd.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur plaaslike owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

MC Scheepers ·

Ek was daar het alles gesien…..die man het met n reuse spoed reg van agter af in die voertuig vas gejag…die voertuig het stil gestaan met sy flicker aan en wou draai…..dit was n vreeslike slag en hy deur die lug geslinger….mense dit is nie mooi om te sien nie!!!

Ferreira ·

Spoed!!! Hulle jaag asof iets hulle jaag! Hoekom doen julle dit ?

Asjas ·

Dankie vir jou eerlikheid, ek is moeg vir berigte wat afsluit met “die oorsaak word ondersoek” wanneer die oorsaak voor die handliggend is.

Johan. H. ·

Jammer aan al die betrokkenes… Maar dis nie altyd die taxi, lorrie ,kar of moterfiets se skuld nie,,,, Almal wat roekeloos bestuur kry een of ander tyd pakslae…. Almal moet hul HOUDING eers verander tov, verkeersreels, voor dit beter sal gaan.

maria ·

Fooitog, Ek ry self motorfiets en as jy vir n split sekonde nie konsentreer nie kan dit fataal wees. dis so onnodig en hartseer

Stukkend ·

Die seun het sy pa 2 maande terug begrawe en nou hy….sy ma en sussie is stukkend. Hy was so goeie mens gewees. Sterkte aan die familie

Asjas ·

Dit is hartseer maar die outjies vleg deur verkeer sonder flikkerligte en teen tempo hewig. Jy dink nog om van bane te verwissel dan jaag hulle met ‘n vreeslike lawaai hier reg teen jou verby dat jy so groot skrik jy rol sommer jou kar net daar.

Chris Ws ·

Ai dis tragies.Op ‘n motorfiets het jy eenvoudig GEEN beskerming nie en mens moet daarvolgens ry.Maw,STADIG en baie versigtig maar wie doen dit?Net mooi Niemand.

elize naude ·

Iemand wat stadig oppad is, is net so hindernis soos diegene wat te vinnig ry… As almal hulle aan die verkeersreëls hou, sal ons paaie veiliger wees en minder ongelukke wees…

elize naude ·

Ek vind hierdie houding belaglik… en om almal oor een kam te skeer vermy nog geen ongeluk nie…
Die meeste van ons motorfietsryers is bewus van die gevaar dat ons met 2 wiele oppad is en ry met die nodige konsentrasie wat daarop gerig is om veilig aan te kom…
ons sit nie agter die stuurwiel en kommunikeer via sms nie, eet & drink nie terwyl ons ry nie, het nie ander passasiers waarmee ons klets nie, nie kinders wat met mekaar kibbel nie, geen oorverdowende musiek wat jou aflei nie ens… is nie gestres nie omdat dit ons passie is…
Ongelukke is meestal ń kombinasie van verskillende omstandighede… en kan in vele situasies vermy word as ons met wedersydse respek & waaksaamheid oppad is… dit geld vir alle verkeersdeelnemers…
Bonne route vanuit die alpe – ń paradys vir bikers ??

stella kuys ·

Mens lees so baie van hierdie bikers wat bleg en jaag en raas. EK ry self motorfiets. Mense wys so gou vinger na motorfietsryers maar ongelukke gebeur. In n Kar en op n bike. Maar tipies ons Afrikaners….point….judge….hoogs veilig…en Heilige….praat nie op selfone in motors nie….ry nie oor stopstrate en rooi ligte nie…. Ons maak nooit f0ute. nie..Yes ..ons almal moet besef wette is ingestel vir n rede , iets wat eK al hoe meer op myself afdwing. Die biker waarsku joubhy kom very as HY sy throttle draai. Men’s skrik slegs as jou aandag op ander plekke is en nie op die pad nie. Sterkte vir die familie… Mag Jesus jul vertroos met Sy liefde, en laat berus .

Wouter ·

Chris Ws, jy kan nie dit se nie! Ek ry self dieselfde fiets wat hier bo lê en ek ry nie vinnig nie. Jy is een van daai ouens wat nooit niks doen en ook nie toegee vir ons bikers nie. As jy my vra is jy selfsugtig en dink net aan jouself. Ek hoop jy slaap lekker vannaand. Baie sterkte aan die gesin en hul naaste mense. Ons dink aan julle in die moeilike tyd. Die seun se einde het vroeg gekom maar dit is moontlik op n manier wat hy vir die res van ons n les geleer het.

Chris Ws ·

Wouter,my broer het vir 16 jaar ‘n bike winkel gehad.Van bikers kan jy my niks se nie.Ek het gereeld gesien hoe kom van sy kliente met bene en arms in gips op krukke die winkel in gesukkel.Te veel het dit nie gemaak nie.Onder andere sy jong mechanic en sy vrou wat een Sondagaand dood is nadat my broer hom mooi gevra het om NIE sy eerste 3 silinder Kawa op die vloer te koop nie.Ek het net ‘n 50cc gehad waarmee ek skooltoe gery het en later na my army opleiding toe ek begin werk en ek besluit het om te trou het ek hom dadelik verkoop en dit was laaste.45 jaar gelede!

Hartseer ·

Dis die hartseerste storie nog. Die Seun het sy pa begrawe so 2 mnde terug, hy was maar 22 en sou nou binne 2 dae verjaar het. Hy was n opregte kind , met die mooiste Hart. . Sterkte aan sy ma, sussie en meisie, Mag die Here julle net moed gee. Rus in Vrede ou grote , ons gaan jou so baie mis. .

cs ·

Ai dis verskriklik, Simpatie aan sy ma wat haar man en seun in 2 maande moes verloor en aan die sussie wat haar pa en boetie in 2 maande moes verloor en aan die seun se meisie, ons harte gaan uit na julle toe

elize naude ·

@ chris
As ek jou houding het… moet ek ook nie agter die stuur van ń kar inskuif nie…
Ons het verskillende groot bikes waarmee ons ry… (3 harleys, ducati & bmw) my man se passie was aansteeklik ?
Ons het 2 kinders & was gister 41 jaar getroud ?
Ek glo weer dat ons tyd hier op aarde vooruit bestem is… en nie daarvan afhang of mens jou bike verkoop of nie…

JR ·

Ek ry self. Baie en gereeld elke dag. Nou die dag dame in BMW op highway gekry. Selfoon teen een oortjie met skouer vasgeknyp. Doen sowaar grimmering met ander kant se hand. Sy slinger soos krap wat mampoer gesuip het. Dink mooi voor jul ons bikers uitsonder. Ekt tot langs haar gery en op dak geklap. Seker se het droë broekie gaan aantrek……

MC Scheepers ·

Mense……die ding spook by my……dit was vreeslik om te sien…..hier was nie n motor betrokke wat nalatig was nie……ek sit nou en dink as ek die prentjie in my kom sien!!! Swaai uit asb die kar wil draai……..se ek vir myself…..hy probeer briek….maar dis te laat die spoed is te erg en die voertuig staan stil……..dit is n slag en hy trek deur die lug…net n helmet, kortbroek en n paar tekkies aan……..mense mense ek wens niemand van julle tie om dit te sien nie dit is vreeslik!!! Ai????

L ·

Ek stel voor jy maak seker van jou feite. Daar is n soliede wit lyn (JY MAG NIE DAAROOR DRAAI NIE) ja. Die man het vinnig gery. Maar daai kar moes nie botstil in daai baan gestaan het om daar regs te draai nie.

Ongeloofwaardige Getuienis ·

Jy het alles gesien? Dan mag ons seker aanvaar jy weerhou OPSETLIK feite in jou weergawe van jou dramatiese storie – met punktuasie en al om dit effek te gee.
Jy laat na om te verklaar dat die motor (met sy flikker aan) op ‘n blinde hoogte gestaan het en wou regs draai oor n soliede sper-streep wat dit verbied. Los maar eerder die obserwasies vir kundiges wat nie aandag soek nie.

Pierre ·

Eg gebruik gereeld n stukkie van die ou Johannesburg pad en die mense op die motorfietse is absoluut skrikiwekkend roekeloos. Nou die day kom 2 groot motorfietse met n helse spoed linkd en regs van die kar verby. Ek het hulle glad nie gesien want hulee was in spieel se blinde kol. By n ander geleentheid kom die ou met sy groot motor fiets aan die linkerhand verby ,so naby dat hy my kar se spieeltjie geraak het. Hulle ry tussen 2 vragmotors, hulle ry voor jou in en so gaan dit aan . Maar die ergste is hulle is neem klein kindertjies skool toe. Die een seuntjie is kaalvoet,wat gaan gebeur as sy voet of been teen die uitlaat raak of nog erger as sy voet tussen die speke van die wiel of tone selfs die ketting beland. Meeste van die kinders is in skooldrag geklee, rooi t-hempie en swart sport broekie agter op pa se motorfiets en hulle klou vir al wat hulle werd is., As daar iets gebeur gaan die kind noodlotting beseer word.Hou klein kindertjies was motorfietse af . Dis lewens gevaarlik.
Sterkte aan die seun se familie.

Richard ·

Op daardie stukkie pad is daar gereeld iemand wat byna in n ander kar vasry. Die probleem ,die karre stop in middelbaan om regs te draai oor sperstreep na een van die besighede toe. As mense nie oppas kan daar nog n ketting botsing plaasvind. Daar moet iets gedoen word om te verhoed dat mense regs oor sperstreep draai. Draai eerder om by lugmagbasis of BP/Mc Donalds om op veilige manier aan anderkant van pad te kom. Dit bly tragies en hartseer maar ons kan nie veralgemeen en se dis hoe motorfietsryers ry nie. Elke ongeluk het sy eie unieke omstandighede.Reel is probeer die pad so veilig as moontlik hou vir jouself en ander.

Ano ·

My broer ook so gesterf – op ‘n motorfiets. Ek wonder nog al die jare – wat was die laaste gedagte voor hy die vragmotor getref het. (Vragmotor was aan verkeerde kant van die pad. Vragmotorbestuurder skuldig bevind aan roekelose en nalatige betuur en 6 jaar gevagenis straf opgele) Nou wonder ek weer dieselfde. Wat was die arme kind se laaste gedagtes voor hy daai motor getref het. Hemel tog dit is soooooo hartseer. Die pyn vir die famiie van so ‘n verlies gaan nooit weg nie.

Cherié ·

Hartverkskeurend verby ! Oomblikke na die ongeluk verby toneel gery en net Gebid terwyl trane oor my wange stroom! Inige simpatie aan sy Familie,Vriende en Naasbestaandes!

Hartseer en gefrustreerde Mede-burger ·

So wat leer ons uit die motorfietsongelukke? En wat doen ouers voortydig daaromtrent?

Snags, sodra dit donker is, enige tyd van die nag, enige nag van die week, versnel en jaag motorfietsryers met hul BRULLENDE motorfietse in ons stad-omgewing. Geen genade vir slapendes nie. Selfs nie op Sondagoggende 00:01 – 05:00 nie. Bedags versnel, jaag en vleg baie motorfietsryers tussen die swaar verkeer deur. Min respek vir motorbestuurders. So, wie gaan wat hieromtrent doen? Wie het welke verantwoordelikheid?

In Australië sal sulke selfgesentreerdheid en oortreding nie deur hul polisie en publiek geduld word nie. Hulle sal jou direk konfronteer en in die oog kyk met die vraag: “Do you not want to be a member of a caring society?”

anton ·

Nie alle motorfiets bestuurders jaag en ry onverandwoordelik nie.
Baie motor bestuurders ry maar ook nie na wense nie en voel niks vir motorfietse op die pad nie.
Die dag as motorbestuurders besef dat n persoon op n motorfiets baie min beskerming het en nie n kans staan in n ongeluk soos wat n motorbestuurders het, sal dit dalk beter gaan op ons paaie.
Wees tog net bietjie verdraagsaam teenoor motorfietse asb. Hulle is ook mense net soos die bestuurders in motors!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.