Jong man sterf in motorfietsbotsing

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Jong motorfietsryer is Woensdagmiddag in ʼn ongeluk op die N2-snelweg in die Wes-Kaap dood.

Volgens Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het die 24-jarige man se motorfiets en ʼn voertuig omstreeks 18:20 op die Kaaimanspas buite George gebots.

“Met paramedici se aankoms op die toneel, is die man se liggaam sowat 10 m ver van sy motorfiets aangetref en ʼn klomp mense het om hom gestaan,” het Van Huyssteen gesê.

Paramedici het die man ondersoek. Hy het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die voertuig is nie in die botsing beseer nie.

Die presiese oorsaak van die botsing is onbekend en word deur owerhede ondersoek.

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Heila ·

Ai as n mens maroela nuus oopmaak is dit meesal net moord en noodlottige motorfiets ongelukke. Waar gaan ons eindig.

Theresa ·

So jammer oor die jongmens. Innige simpatie aan familie en vriende.

Mike ·

ai ai ai nog n biker wens die motors wil beter kyk…………..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.