ʼn Motorfietsryer is Sondag in ʼn botsing in die suide van Johannesburg dood.
Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het in die aansluiting van Pacem- en Comarostraat in Bassonia plaasgevind waar die motorfiets en ʼn motor gebots het.
“Die motorfietsryer, in sy 20’s, se liggaam het gedeeltelik op die pad en sypaadjie gelê. Hy het veelvuldige noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood.”
Die bestuurder van die motor het geringe beserings opgedoen.
Die oorsaak van die ongeluk word deur beamptes ondersoek.
Dit was die tweede noodlottige motorfietsongeluk waarop paramedici van ER24 Sondag reageer het.
Maroela Media het vroeër berig ʼn motorfietsryer, in sy 30’s, is dood toe hy Sondag in ʼn bergpas buite Villiersdorp in die Wes-Kaap verongeluk het. Lees meer hier.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Baie hartseer. Hoop die familie en vriende ontvang die nodige krag om sterk te wees.