Jong man sterf in motorfietsongeluk

Foto: Rescue Care

Foto: Rescue Care

ʼn 19-jarige man is dood nadat sy motorfiets teen ʼn versperring in Durban, KwaZulu-Natal, gebots het.

Ceron Lennox, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die ongeluk het omstreeks 15:00 Vrydagmiddag in Bluffweg plaasgevind.

“Paramedici het die jong man in ʼn kritieke toestand gevind en lank gespook om hom te probeer bybring voordat hy op die toneel dood verklaar is.”

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die motorfiets eers teen ʼn motor gebots voordat dit die pad verlaat en teen die versperring gebots het.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Chris Ws ·

‘n Jong Motorfietsryer se kanse om eendag op pensioen te gaan is bitter skraal.Sou hy dit maak tot op daai ouderdom is hy of lankal op krukke of vol pyne of ‘n invalide.Ai dis erg hartseer om van sulke ongelukke te lees.Motorfietsry in SA is nou eenmaal nie jou maat nie.Ek self kan ‘n klomp bekendes opnoem wat nie ou bene gemaak het nie en ‘n klomp wat erg swaarkry op hul oudag agv motorfietse se onveiligheid.Sterkte aan die persoon se familie.Dis swaar ek weet.

Plaatsie ·

Aan Chris Ws,
Jy veal gemeens nou erg. Ek en van my vriende het op 17 jaar begin motorfiets ry.
Die van ons wat nie in vierwiel MOTOR botsing dood is is vandag nog almal spring lewendige pensioenarisse.
Motorfiets maak selde sommer so op sy eie n ongeluk. Meesal word n ongeluk in die eerste plek veroorsaak die on oplet tender motoriste.
Motorfiets ryers is te alle tye bewus van alles wat om hulle aangaan en ontwikkeling vir oorlewingsdoeleindez al gou die vermoee om “oe” reg rondom sy kop te he om alle verkeer te kan waar neem en te probeer ontwyk.

Cherokee ·

Stem nie werklik met jou saam nie, Chris. Ek het ook vir jare die bynaam ‘Kawa’ gehad vanweë die feit dat ek vir jàre ‘n biker was en my gunsteling fiets was Kawazaki. Cherokee verwys ook nie na Toyota maar na Piper. Motoriste bestuur dikwels minagtend teenoor motorfietse.

Chris Ws ·

Plaatsie,my broer het ‘n motorfiets besigheid gehad vir 20 jaar.Ek kan ‘n boek skryf van al die vriende en kliente wat of vermink of dood id op bikes in daai tydperk.Sy mechanic en die vrou was van die wat op ‘n 3 silinder Kawasaki dood is.Nee wat ek veralgemeen nie erg nie.Ek WEET wat is wat.Ek het ‘n 50cc Honda gery terwyl ek in die skool was en tot ek gaan trou het toe parkeer ek hom op my broer vloer by die ander nuwe bikes en ek se:”verkoop hom”.Dit was laaste wat ek bike gery het.Die probleem le nie altyd by die biker nie maar meeste keer by motoriste maar dit maak bike ry nie minder gevaarlik nie.As jy afkom van ‘n bike af op spoed kom jy maar net tweede.

Plaatsie ·

Veralgemeening is maklik. Ek en van my vriende het op 17 jaar begin motorfiets ry.
Van ons is ongelukkig in vierwiel MOTOR botsing dood. Die res is vandag almal spring lewendige pensioenarisse.
Motorfietse maak selde sommer so op hul eie n ongeluk. n Ongeluk is baie keer die gevolg van die onoplettendheid van n motoris.
Motorfiets ryers is te alle tye bewus van alles wat om hulle aangaan en ontwikkeling al gou die vermoee om “oe” reg rondom sy kop te he om alle verkeer te kan waar neem en te probeer ontwyk.

Kobus 4e ·

Ai Chris Ws, wat sal ek se. Ek het duisende kilos op n motorfiets afgele en is sterk oppad pensioen toe, sonder pyne en skete. Dis nie kwaai om te veralgemeen nie my maat. Daar is baie jongmanne wat jou bekommernis oorkom in motorkarre

Biker ·

Ek is ook op pensioen en ry motorfiets vandat ek 10 jaar oud was en ry vandag nog!!
Geluk?? Ek glo nie. ‘n Motorfietsryer is baie meer versigtig en oplettend as enige motorbestuurder. Hy weet hy net net een kans!!
Die motorbestuurders sit klaar binne-in hulle doodskiste. Ons “Bikers” sit darem nog wydsbeen bo-oor ons s’n!!

Chris ·

My motorfietsry ervarings is slegs positief en lekker. Die mees bedagsame motoriste wat ek ervaar het is die taxi bestuurders. Ek kan ongelukkig nie dieselfde sê van die persone is 4wiel trek en SUV nie. Iemand met ‘n Fortuner het so naby my op die snelweg verby gery dat sy kantspieël my motorfiets se spieël raak gekap het. Hy het net aanhou ry.

Chris Ws ·

Chris,’n vriend van my se broer is op sy bike tussen 2 taxis vasgedruk op ‘n dubbel baan pad naby Orkney.Hy’s dood en daar het niks van gekom nie.Nee wat,bike ry is baie lekker my bly baie gevaarliker as motor ry want jy’t geen beskerming om jou nie en ja die ouens in karre slaan nie genoeg ag op ‘n biker nie,dit is so,ek het dit self ervaar jare gelede.Oor mense wat Fortuners ry wil ek liewer niks se nie,MM sal als sensor!

giepster ·

Ek stem saam , motorfietse is lewensgevaarlik…

Jou ander opsie , is om tuis te bly, in jou kamer te sit , en die deure dig toe te hou….en te hoop jy dop nie om van n hartkwaal nie.

Ek dink die punt is , om regtig te “lewe” beteken nie jy moet wegskram van alles wat jou kan doodmaak nie. Daai is ook nie “lewe” nie.

n Goeie balans moet gehandhaaf word. Kry n Adventure fiets , laai jou vrou op , en “LEEF!”

Maar moenie n hoenner wees en jag waar jy nie moet jag nie…
Ek sterf eerder in n ongeluk terwyl ek leef as wat ek op my rusbank sterf omdat ek te bang was om te leef…(want daai is nie my defenisie van lewe nie)

piet ·

Julle klomp maak nou of motorfietsongelukke motoriste se skuld op paaie is.het julle al gesien hoe vleg hulle roekeloos deur besige verkeer en jaag hoespoed op die paaie.wys my n moorfietsryer wat by spoedbeperkings hou.dis Hoekom 90%sonder no plate ry

Spokie ·

Ek en my man ag onsself gelukkig omdat ons ‘n motorfiets ongeluk oorleef het. Ek het my bike daarna verkoop omdat my selfvertroue ‘n knak gekry het. My man het ‘n week later ‘n nuwe bike gekoop en is elke naweek op hom. Die ou man wat voor ons ingedraai het het gesê hy het ons nie gesien nie. ‘n 1400 Kawasaki met 6 ligte aan… ek het gevolg op my bike met hi-viz klere en met my bike se ligte was ook aan. Ek vra nou nog hoe die ou man ons nie kon sie nie? My man sukkel nou nog met sy skouer. Hy moes sy werk bedank en dit was amper ‘n jaar voordat hy weer kon gaan werk… Bike ry is lekker maar te gevaarlik! Bikers maak foute, maar motorbestuurders het nie respek vir bikers nie

Pop ·

Dis baie gevaarlik en jy het nie n kans teen motors nie. 2 van my kinders is dood, en dit was direkte gevolg van motor bestuurders wat bloot nie omgee vir n ander nie. Ander een op Dakar. Maar hulle het ten volle geleef en geniet. En toe my jongste 16 word toe gaan koop ek vir hom ook n 125 Honda. Mense het gevra is ek mal, maar moes ek parenoid wees en hom nie die genot gun nie. Ek het elke dag in angs gesit maar hy het sy fiets geniet. Vandag ry hy nie meer nie en hy is verby 30. My simpatie met die jongman hier bo se familie. Vir ewig en altyd sal julle met hartseer n motorfiets agternakyk en n gemis in julle harte voel pyn.

Cherokee ·

Pop, dit is ‘n sinvolle skrywe met hartseer daarin, aanvaarding van die gang van die lewe en intelligente voortgaan deur nie jou jongte seun die plesier te misgun nie. Jy is ‘n wonderlike ma.

Mads ·

Chris Ws wat is fout met mense wat Fortuners ry??? My man ry een en hy is ‘n baie versigtige bestuurder wat nog nooit in ‘n ongelukkig was of een veroorsaak het! Ag nee man jy veralgemeen en sê nou sommer links en regs sleg!!!

CQ ·

Plaatsie…. ek hoor jou hart, maar ook nie ALLE motorfietsryers is 100% oplettend nie…. of hulle is arrogant en dink ALLE motorbestuurders moet net padgee en uitkyk vir motorfietse…. Jammer maar ek voel elke persoon – of jy nou motor of motorfiets of trapfiets ry moet verantwoordelikheid neem en op en wakker wees.
Dis nie ALTYD net Motor bestuurders wat foutief is op paaie noe. Ek het al gesien hoe WINDLAWAAI motofietse deur die verkeer vleg en dink die pad behoort aan hulle….

CQ ·

….bygesê…. ons leer ons kinders om motorfietse raak te sien deur speletjies te speel wat die bewusmaling van motorfietse help en verbeter.
Ipv die ou “nommerplaat of met my kleine ogies” speel ons “ek sien n motorfiets” …. dit help om ons kinders EN ouers vewus te maak van motorfietse op die paaie….

G ·

Die wat so die motoriste blameer vir die meeste ongelukke, het klaarblyklik nog nie in Gauteng kom kyk hoe onverskillig die motorfietsryers is nie. Jaag soos die duiwel, en ry sommer in die geellyn as hul ‘n motor wil verbysteek wat in die vinnige baan ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.