Lees ook:
Familie rou ná tiener in motorfietsongeluk sterf
‘n 18-jarige man is dood nadat hy Woensdagmiddag van sy motorfiets af geval het in Bloemfontein in die Vrystaat.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het in Bermuda-singel in Uitsig plaasgevind. Hy sê met paramedici se aankoms op die toneel het die jong man se lewelose liggaam langs sy motorfiets in die pad gelê.
Meiring sê die man het noodlottige kopbeserings opgedoen. “Ooggetuies op die toneel sê die jong man het om ‘n draai gegaan toe sy motorfiets gegly het op die nat pad. Die motorfiets het teen die sypaadjie en daarna ‘n boom gebots. Die motorfietsryer is op slag dood.”
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
as jy mooi kyk moes hy vrek vinnig om daai draai gegaan het ek self ry bike en jy gly net as jy te vinnig ry en telaat briek