Jong man sterf ná motorfietsongeluk: ‘Hy was ʼn sagte reus’

Ryno Meyer. Foto: Verskaf

Ryno Meyer. Foto: Verskaf

“Ek is kwaad en stukkend. My kind was nog so jonk en het sy hele lewe voor hom gehad. Hy is so skielik en so lelik van ons af weggeruk.”

Só het Sylvia Meyer, ma van Ryno Meyer (21), gesê nadat hy Sondag, ʼn week ná ʼn gru-motorfietsongeluk, in die hospitaal dood is.

Ryno, wat by ʼn motorhandelaar in Stellenbosch gewerk het, het Maandagaand saam met sy woonstelmaat kafee toe gery toe die ongeluk op die R44 naby Klapmuts gebeur het. Jacqueline Grové wat saam met hom op die motorfiets was, is op slag dood.

Ryno het kritieke beserings opgedoen, onder meer breinbeserings, ʼn gebreekte nekwerwel, gebreekte ribbes en beserings aan sy longe. Hy is in die waakeenheid van die Tygerberg-hospitaal opgeneem waar hy dae lank aan ʼn asemhalingsapparaat gekoppel en onder verdowing was voordat hy Sondag dood is.

Sylvia het aan Maroela Media gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. “Daar was nie ʼn ander voertuig betrokke nie. Al wat ons kan dink, is dat Ryno vir iets uitgeswaai en toe beheer verloor het. Almal wat hom geken het, het geweet hy is ʼn baie ervare motorfietsryer en hy het altyd verantwoordelik bestuur,” het sy gesê.

Volgens Sylvia het Ryno ʼn passie vir motorfietse en die buitelewe gehad. “Hy was ʼn kranige motorfietsryer en motorfietse was van ʼn baie vroeë ouderdom sy passie.” Sy het Ryno as ʼn “sagte reus” beskryf wat sy lewe voluit geleef het. “Ek is maar kort en hy was ʼn groot man, dan het hy my altyd so grappenderwys opgetel. Ek sal dit nooit vergeet nie,” het sy hartseer gesê.

“Dit is so onregverdig dat hy so vroeg weggevat is, en niks sal hom ooit weer terugbring nie. Geen ouer moet ooit ʼn kind begrawe nie, dit is nie reg nie. Ek is stukkend.”

ʼn Gedenkdiens vir Ryno sal by Hoërskool Stellenbosch, waar hy gematrikuleer het, gehou word. Hy word oorleef deur sy ma, sy pa, Johan, en sy ouer broer wat tans in die VSA werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Karma ·

Ha! Die arme jong man is in die “waakeenheid in Tygerberg Hospitaal” opgeneem!!! Waakeenheid, my agterent. Die plek is ‘n vieslike, vuil, verwaarloosde ….. slaghuis – dit is al wat ek dit kán noem, My broerskind is in Januarie – óók na ‘n motorfietsongeluk – in hierdie sg. “waakeenheid” opgeneem en 11 dae later oorlede, nadat hy ‘n infeksie opgetel het, juis in hierdie sg. “waakeenheid’. Tussen vuil beddens, met bebloede lakens, vuil emmers vol vuil vloerewas water, vuil verpleegsters wat net rondhang en “waak” oor hul “tea & sandwiches” IN die sg. waakeenheid, was dit ‘n wonder dat hy 11 dae lank uitgehou het. Simpatie aan die ouers, vriende en familie van hierdie pragtige jongman en sy vriendin.

Maudie Mills ·

Alle simpatie met sy ouers en familie. My seun is 2 jaar terug ook noodlottig beseer in ongeluk wat veroorsaak is deur n dronk swart vrou wat voor hom ingery het. My stukkende hart het al soveel keer gevra hoekom, hy was nog so jonk. Die saak teen die vrou is mog nie afgehandel nie, maar ek wil nie weet wat haar straf is nie. Niks sal my seun terugbring nie.

Johann ·

Wat van net n dronk vrou of selfs net dronk bestuurder? Ongeag ras of geslag het jy jou seun verloor. En dis tog die crux van jou storie nie waar nie?

Ruby ·

Johann, wat is fout daarmee dat die ma feite deurgee, moes sy ook nie die woord vrou gebruik het nie en net mens?

Vissie ·

My opregte meegevoel met die ouers. Ek weet so vaagweg hoe hulle voel. My oudste kienseun het op negentienjarige leeftyd in Pretoria ook in ‘n motorfietsvoorval gesterf. Daarom verpes ek motorfietse en meen die goed behoort verbied te word.

Esther ·

Dis werklik nie die motorfiets. My seun en sy verloofde het albei ‘n been verloor in motorfiets ongeluk. Dit was nalatige bestuurder. Ja – daar is motorfiets ryers wat swak bestuur … maar ook voertuie. Ander vriend was in kar ongeluk … dis nie die medium nie, maar mense se nalatigheid. Hul wil pad besit en voel niks vir mede padgebruikers nie.

Denise ·

Ai die moeder is baie hartseer ek wens ek kon haar net n drukkie gee al wat ek kan se net tyd kan jou pyn genees !!!!!

Alida ·

Ek sal vir haar ‘n drukkie gee namens jou, Denise – ek sien haar môre. Ryno is my nefie.
Tyd genees nóóit heeltemal die pyn van iemand vir wie jy lief is, se dood nie. Dit vervaag dalk mettertyd ‘n bietjie, maar dit bly daar. En met elke verjaarsdag (van elkeen in die gesin), elke Kersdag, elke Nuwejaarsdag, elke jaar op die dag wat hy/sy dood is, kom dit terug.
En ek dink dis soveel erger as dit jou kind is. Ouers is nie veronderstel om hul kinders te oorleef nie…

Maggie van Zyl ·

Dit is baie hartseer inderdaad. 2 kinders oorlede, 2 families stukkend, uitmekaar geruk…. Maar hierdie berig noem Jacqueline net so vlugtig, so amper asof sy nie saak maak nie.. Dit is eintlik nog meer hartseer.. Alles draai net om Ryno se beserings en afsterwe. Die ander ouers moet net so seer hê, hulle het tog ook ‘n dogter verloor

Charlotte ·

Ek stem 100% saam.Maroela kan gerus n beriggie oor haar ook skryf.Haar ouers het nie eens kans gehad om van haar afskeid te neem nie.Sterkte aan beide familie

Delia ·

Maggie, dankie dat jy dit noem…..toe ek die berig lees, het ek gesoek of daar nie ook iets oor Jacqueline genoem word nie, maar nee, niks.
My innige simpatie aan ALBEI ouerpare, dis ‘n harde slag vir ouers om hulle pragtige kinders so jonk te verloor.

Tommie ·

Ryno meyer was n goeie jongman en n goeie vriend van my ek sal nooit vegeet toe hy altyd n draai by my werk kom maak ht op naweke ons ht oor klomp goed gepraat hy gaan baie gemis word hy het nooit gekla oor goed ni altyd posetief en altyd gelag was lekker om hom viri laaste keer te gesien ht by my 21ste salit nooit vergeet ni hy was soos n broer vir my Ryno my vriend j word gemis.

Theresa ·

Baie krag word die ouers en familie en vriende toegewens.

Charlotte ·

Sterkte aan die seun se ouers asook aan die Grovè meisie se familie.Dit moet vir hulle ook net so hartseer wees.Dink aan julle

Hannelie ·

My hart gaan uit aan hierdie twee families wat 2 kinders aan die dood moes afstaan. Hulle is nog so jonk. Mag Jesus jul vertroos. Sterke aan jul

Kobie ·

My hart gaan uit na die 2 families!!! Dis so deel wat uit jou lewe geruk word, ons seun is 2 jaar gelede in n motor ongeluk oorlede. Mag ons Liewe Vader julle styf vashou in hierdie moeilike tyd.

Chantel Smith ·

Ons innige simpatie en meegevoel aan beide families met julle groot verlies. Mag Jesus julle troos in die hartseer tyd. Ons dink en bid vir julle dat Jesus die pyn sal stil, en julle styf sal vashou.

Jorrie ·

My innige simpatie met jul groot verlies met Rayno, Sylvie en JP. Mag die liewe Vader julle vertroos en krag gee in hierdie moeilike tyd.

Dries ·

Ons innige meegevoel met die ouers wat hulle kosbaarhede ontneem is. Sterkte vir dit wat nog voorle.

Stacey-lee ·

My innege meegevoel aan die familie. Sterkte God het sy engele kom kry. Ryno was altyd een vir grappe en kon lekker sokkie en so ‘n goeie hart van goud gehad. Ons was saam op Hoërskool. Dis so hartseer. Weet hy staan langs God.

Ou Bosvark ·

My meegevoel aan die twee gesinne.

In ons omgewing het ons ‘n ontploffing in toename in aantal motorfietsryers. Snags jaag van hulle teen hoë spoed met hul brullende motorfietse en gee hulle skynbaar nie ‘n flenter om vir die gemeenskap wat wil slaap nie. Hulle wil skynbaar nie lid wees van ‘n omgee-gemeenskap nie. Verder, die buitebande maak min kontak met die pad. Sal nooit toelaat dat my dogter met haar vriend op sy motorfiets gaan ry nie.

Sterkte ·

Ou Bosvark, glo my, jy sal nie weet as jou kind saam iemand op ‘n motorfiets klim nie.. Aan die ouers van Beide, so jammer vir julle hartseer wat voorle.. Onthou asb net dat dit niemand se skuld was nie.. dit het net gebeur.. en julle as ouers was die beste ouers wat hulle kon he… maak nie saak wat wie se nie.. “stywe drukkie” vir julle..

Louise ·

Jip ou Bosvark ek kan nogals saam stem.
Ek ry in die oggende n besige nou pad werk toe.
Dan sal die Motorfietsryers van voor af kom om n motor verby te vat en ek moet op die nou end ry sodat hy dit kan maak. Wat as ek perongeluk binne kant toe gaan. Wat as ek nie my beheer mooi kan hou nie. Nee man dit maak my regtig kwaad in die oggende en maak my op my senuwees.
En asseblief dis nie almal wat kanse vat nie.
Nie te min, baie sterkte aan hierdie ouers en mag God julle dra deur hierdie moeilike tyd.

John ·

Nou is die Ma ” kwaad” , vir wie of wat ?
Dit is nou maar so dat die oomblik wat jy op daai fiets klim, jy bereid moet wees om te sterf , op ons paaie.

Alida ·

John, dit is eintlik maar só dat jy bereid moet wees om te sterf die oomblik wat jy jou eerste asemteug gee in hierdie lewe.
Gaan lees bietjie oor hoe verskillende mense die dood van hul gesinslede ervaar. Daardie kwaaigeit is nie noodwendig rasioneel nie; ek dink dis ‘n tipe coping mechanism of instinktiewe beskermingsmeganisme wat inskop as deel van die hele skok-en-ervaar-en-verwerk-proses.

Susan ·

Dit bly nog vir my so onwerklik! Jy was soos ‘n boetie vir my. Ek het jou baie lief gehad! Jy sal altyd in ons harte bly!

Marechen ·

My hart bloei saam daai ma. My seun was ook Ryno Meyer en is laas jaar op 23 in n motorongeluk oorlede. Sterkte aan die familie jul is in ons gebede

Jdv ·

Die vrae, pyn en leegheid hou nie op nie. Ons enigste seun is nou drie weke weg en ons is stukkend. Ons het nie raad nie……..

da is nie raad nie!! Bly maar net bymekaar en wees geduldig met mekaar.

Danel Casey ·

Wow Jdv. Dit is nog rou..so rou. Sterkte..dis nou donker..hou vas …die lig sal weer deur breek. Nie nou nie…later…maar dit sal… ek weet….

Elize ·

Ek het vir my kinders al vroeg in hulle tienerjare gesê as ek hulle ooit naby ‘n motorfiets sien, sal ek hulle liewer self vermoor voor hulle in ‘n motorfietsongeluk sterf. Niemand het ‘n kans op ‘n motorfiets nie en moenie die swak staatshospitale blameer nie. Punt is MENSE IS TE BLOOTGESTEL. Vragmotors, blinde en dronk motorbestuurders vererger die risiko!

Mike ·

you ride like lightning you crash like thunder, die bikes is gebou daarvoor,my innige simpatie,maar hy het sy passie uit geleef,sterkte aan die familie.

Joe ·

My pa het altyd gesê daai ding is ‘n doodskis op wiele. Dis net ‘n kwessie van tyd dan gooi hy jou af.. RIV

Charl ·

My inige simpatie an ryno se ouer, familie en friende.
Ek en ryno ken mekaar van opleiding in Pretoria en ons was soos familie vir daar die twee maande. Hy was sag geaard, vriendelik en vol less.
Hy was ñ goeie vriend en hy sal gmiss word deur bje.
Rus sagies bru.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.