Jong man sterf ná trein hom tref

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto: Netcare911

ʼn 19-jarige man is Maandagaand dood nadat hy deur ʼn trein in Queenswood, Pretoria, getref is.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man was reeds dood toe paramedici op die toneel opgedaag het. Hy het aan sy veelvuldige beserings beswyk.

“Die presiese oorsaak van die ongeluk en die gebeure vooraf is nie bekend nie en sal deur die polisie ondersoek word,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.