Jong man sterf ná voorval by kuierplek

Daniël Botha

Daniël Botha (26) se gesin het Sondagaand die masjiene wat hom aan die lewe gehou het afgeskakel nadat hy dae vantevore só erg in ʼn kuierplek aangerand is dat hy breindood verklaar is.

Andre Pretorius, Daniël se stiefpa, en Catharina Pretorius, Daniël se ma, het aan Maroela Media gesê hul seun, ook beter bekend as Danie, het Woensdagaand by ʼn kuierplek in Benoni aan die Oos-Rand gekuier nadat hy en vriende aksiekrieket gespeel het. “Hulle het rustig gesit en kuier en daar was ʼn persoon wat met almal moeilikheid gesoek het.”

Volgens Pretorius het die persoon ook met ʼn meisie wat saam met Daniël-hulle gekuier het moeilikheid gesoek en het die groep besluit om te ry toe die persoon Daniël glo begin aanrand het.

Daniël is ná die aanranding deur omstanders uit die kuierplek na buite gevat aangesien hy glo gesukkel het om asem te haal. “Die persoon wat Daniël glo aangerand het, het intussen gery, maar iemand het hom gebel en gesê hier is moeilikheid, waarna hy na die kuierplek teruggekeer het. Hy het Daniël in die motor gelaai en by die Life The Glynnwood-hospitaal afgelaai.”

Volgens Pretorius het personeel die man gevra om by die hospitaal te bly, maar hy het glo gesê Daniël se familie is op pad en toe weer gery.

Daniël se gesin is omstreeks 02:00 Donderdagoggend ingelig dat hy in die hospitaal is. “Hy was bewusteloos vandat hy by die hospitaal aangekom het. Die dokters het hom gestabiliseer en toe ʼn breinskandering gedoen. Hy is hierna na die Netcare Linmed-hospitaal oorgeplaas. Daniël het bloeding op die brein gehad en hulle het die drukking op sy brein verlig.”

Daniël se toestand was egter teen Saterdagoggend onveranderd en daar is weer ʼn breinskandering gedoen. “Hulle het ook masjiene aan hom gekoppel om te kyk of daar breinaktiwiteit is, en hulle het Saterdag vir ons gesê ons sal Sondag moet besluit of die masjiene afgeskakel moet word.”

Daniël is Sondag dood en sy organe is geskenk. “Ons het sy organe geskenk sodat iemand anders die kans kan kry om te lewe.” Volgens Pretorius was daar ʼn blou kol en rooi strepe op Daniël se nek en het dokters gesê hy is gewurg. “Daniël was ʼn baie beskaafde seun en sou nie moeilikheid gesoek het nie. Hy het ʼn groot vriendekring gehad en almal help ons in dié tyd, dis regtig ongelooflik.”

Daniël het saam met sy pa in Boksburg gebly en laat ook ʼn suster agter. Hy het by Land Rover Oos-Rand gewerk. ʼn Roudiens vir Daniël word Donderdag vanuit die Woord en Lewe-kerk in Boksburg gehou.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het intussen bevestig dat Gideon Fourie (22) hom Maandag aan die polisie oorgegee het in verband met die voorval.

Fourie het gister die eerste keer in die Benoni-landdroshof verskyn en die saak is tot vandag uitgestel. Fourie is vroeër vandag op borgtog van R5 000 vrygelaat en moet weer op 23 September in die hof verskyn. Hy word van moord aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Erica ·

My innige simpatie aan Danie se geliefdes. Hoekom kan mense nie net ophou om so agressief te wees nie. En dit nou alles vir wat….

madels ·

My innige simpatie ook. Daar is geen verskoning vir die aggressie nie, maar ek dink ook dat daar soveel woede binne in baie van ons brand net oor wat in die land aangaan en dit kom soms uit op verkeerde tye en plekke.
Ek bid vir hierdie family dat die Here hulle sal krag gee om deur hierdie verskriklike pyn te werk…

Lourinda ·

Dis baie hartseer , Baie sterkte aan almal Danie het dit nie verdien nie hy was n baie goeie mens.
RIV Danie jou vriende en vriendinne mis jou verseker erg baie

Ladyhawk ·

Dit is skokkend dat hy borg gekry het maar eending God slaap nie hy weet wat hy gedoen het Gereg sal geskied. Hoop nie hy is gewetenloos om nie die waarheid te praat nie. Geld is mos stom maar God openbaar altyd die waarheid

Madeleine ·

Ek glo dis omdat hy homself gaan oorgee het en nie soos ‘n lafaard gaan wegkruip en kyk het of hy daarmee gaan wegkom nie. Ek praat nie in die minste sy gedrag goed nie, maar daar het hy dit nou van sy kapokhaantjie houding. Dink hy is ‘n tawwe tienie om so te baklei, en daar sit hy nou met moord op sy gewete. Sy lewe vir ewig verwoes en ‘n pragtige jong man weg vir altyd en sy ouers se lewe vir altyd verander.

Liza ·

Sjoe dit is verskriklik hartseer om te dink ‘n mens se kind is nerens meer veilig nie… Sterkte aan die familie… Ek bid dat ons Hemelse Vader julle sal dra deur hierdie vreeslike seer tyd. Rus in vrede…..

Franna ·

Aai tog. Twee jong mense se lewens opgemors. Sterkte vir almal hierby betrokke.

Kim ·

Dit is so hartseer om te sien dat so mooi jong man sy lewe moes verloor . Hy is nog so bitter jonk. Rus sag by God Danie.

Willem ·

Mense daar is altyd 3 kante aan n storie dit is maar swaar en hartseer dat die jong man oorlede is maar dit kon met enige iemand gebeur het

Hannelie ·

Rus in vrede jong man. Hoop jou moordenaar sit lewenslank. Drank maak sommige mense varke

Ria Maritz ·

Sterkte aan elkeen hierdeur geraak.
Dis hartverskeurend. Ouers moenie kinders begrawe … allermins op so wrede manier.

Mike ·

Sluit hom lank toe dis die pes wat ons nie in ons samelewing nodig het nie.

Jaun ·

Eerste beklei n mens nie 2de hoe kry hy bail en dan boonop net 5000 rand hoe kry daai mense hulle kind trug en dan sal daar net lieg stories vertel word nee mense hou op beklei

Tanya ·

Danie was saam my op skool. ‘N STIL, goeie mens, onthou die swart punk hairstyle asof dit gister was. Ek HOOP en BID dat jong mense die storie sien en aandag gee aan hierdie soort ding. Jong manne wil al te veel baklei en nekkie skiet en dan gebeur dinge soos die. Onnodig. So hartseer. Hy was nie ‘n oukie wat sou gaan soek vir ‘n fight nie. So ek glo in my hart dat hy net sy vriendin probeer beskerm het… gideon lyk soos ‘n lat wat daarvan hou om skoor te soek… en hy gaan vir die res van sy lewe moet leef met wat hy gedoen het. En in my hart hoop ek hy voel soos ‘n groot sterk man… want dit is die gevoel waarvoor hy gesoek het… nou hoop ek hy voel groot en sterk… tog gaan dit nie hierdie mooi siel terug bring nie. Dit is so bitter hartseer. En so bitter baie onnodig. RUS IN VREDE DANIE. Jy laat baie mense agter wat jou lief het.

IK ·

Die oumense het gesê dat jy eers tot tien moet tel en sommer ook baie staaaaadig. Die gebeurtenis laat my ook wonder van die bloubulletjie-uitnek-rugbyspeler wat ook ‘n man tot in die intensief geslaan het. Wat het daarvan geword? Dink maar eers en doen dan.

HFM ·

Ons innige meegevoel aan sy geluefdes en vriende.
Die kuierplek het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor sy kliënte. Indien ‘n persoon hom/haar skuldig maak aan wangedrag is daar die “reg van toegang voorbehou” en die persoon kan van die perseel verwyder word.

anonymous ·

ja ne jaloesie is n mooi ding, en hier sit mense en dink dis net swart mense wat wit mense dood maak

Onnodig Anonymous ·

BAIE ONVANPAS, WANT HIERDIE ARTIKEL HET NIKS MET SWARTMENSE TE DOEN NIE, HOU ASB JOU RASSEVERWYSINGS VIR JOUSELF.

Odette ·

Dis so onregverdig n onskuldige jong man se lewe is geneem oor een persoon se vuiste hom gepla het. Rus sag Danie. Ek sien hoe ons Vader sit met trane oor sy wang die seer wat hy het vir Gideon want eks seker dis nie wat God vir hom uitgele het nie.

Vra maar net ·

Lees ek nie reg nie of wat? Sy vriende het besluit om te ry nadat Daniël begin aanrand het?! Omstanders moes hom na buite dra omdat hy gesukkel het om asem te haal. Met sulke vriende….. ja jul ken die gesegde. Wragtig hoe los jy jou vriend agter?

Crystal ·

Hy was alleen daar met n dame die ouens wat hok aangerand het het weg gery.

VRA NET ·

So verstaan ek reg die ou wat hom aangerand het, het hom hospitaal toe geva?

Pine ·

Maak my hart seer as sulke goed gebeur. Het self n seun van die selfde ouderdom. My hart gaan uit na die ouers. Weet nie hoe die mense dit sal verwerk nie.
WAT gaan aan met die jong mense. Twee jong mans wat se lewens nou oor is. Een mooi jong man wat nou weg is en die ander een wat se lewe en toekoms nou weg is. Besef hy nie daar is altyd na gevolge as jy n sinnelose daad pleeg nie.

DS ·

Tanya dis darem baie onregverdig om iemand op “hoe hy lyk” te oordeel. Glo my daar is manne wat na moeilikheidmakers lyk wat nie ‘n vlieg skade aan sal doen nie en dan mans wat sag en ordenlik lyk wat net wag vir’ n geleentheid om vuiste te swaai. Ek stem nie saam met wat hy gedoen het nie maar regtig waar het jy in elk geval die jongman ge”sien” om hom so kras te oordeel?

Oujongvrou ·

Almal is kwaad. Ons, ons kinders, almal. Nou kry die woede die oorhand en slan hulle iemand dood. Dis vreeslik, maar my kinders is net so vol woede en frustasie. More kom dit hulle oor. Haal dit op n onskuldige mens uit. Ek voel so jammer vir albei families. Sterkte.?

Anista ·

Dis skokkend hoe kort di lewe is eks 18 en ek sidder om te dink dis wat in kuier plekke an gan..!!* my innigede simpatie vir di familie
Niemand verdien om n kind so te verloor ni
Kuier en gesellig verkeurd moet di lka en vreugde in n dag uit bring….!!* Sterkte

Anista ·

Dis skokkend hoe kort di lewe is eks 18 en ek sidder om te dink dis wat in kuier plekke an gan..!!* my innigede simpatie vir di familie
Niemand verdien om n kind so te verloor ni
Kuier en gesellig verkeurd moet di lka en vreugde in n dag uit bring….!!* Sterkte

Deon ·

Moeilikheidmakers soos die moet eenvoudig uit die samelewing verwyder word, anders gaan die storie net weer herhaal met nog onskuldige partye. Het al vele sulkes teegekom en hulle nooit, maar kom altyd op een of ander manier weer los om voort te gaan met hulle wangedrag.

Crystal ·

My buddy daar gaan so baie stories uitkom maar die mense wat jou geken het weet die waarheid ek wens ons was daar. Jy bly altyd in my hart jou engel mens dankies vir al jou vriendskap al jou omgee dankie dat jy altyd almal anders eerste gesit het buddie Jesus is n soldaat ryker ek mis jou so baie en alhoewel j weg is weet ek jys altyd aan ons sy lief jou altyd en eendag as ek jou ini hemel kry kan j my verder leer om te sokkie ek belowe ek sali weer op jou tone trap nie. Love u always my Daan

Lourinda ·

Baie sterkte aan julle almal . Mag God julle vandag stuif vas hou en deur dra .

Karen ·

Dit is ongelooflik hartseer, ek dink aan die familie, sy lewe het net begin.

Ester ·

Daar is net nie woorde om enige iemand te troos na so ñ voorval nie. Aan Danie se familie baie sterkte.
En ander jongman ek hoop jy kan saam met jou gewete lewe na jy jou so swak gedra het.
Danie RIP

Jakalas ·

So jammer as iemand hulle lewe so jong verloor, veral wanner mens bietjie iewers heen gaan om te ontspan. Ek is ook 26, so ek weet hoeveel lewe nog voor gelê het in sy lewe. Jammer dat dit o vinnig moes eindig. Rus in vrede Danie en strekte vir sy falimie in die swaar tyd.

Ek het ook respek vir Gideon (hoor my uit) dat hy die eerbare ding gedoen het en verantwoordlikeheid gevat het vir sy dade. In ‘n land waar mens leterlik kan weg kom met moord, het hy die regte ding gedoen om Danie hospitaal toe te vat en om homself oor te handig aan die polisie.

Theresa ·

Baie wyse woorde. Innige simpatie aan die familie en vriende van Danie. Daar is in die hele proses twee jongmense se lewens verwoes en naasbestaandes aan albei kante ly.

Crystal ·

Hy was alleen yt saam n dame asb moenie sulke koue aantuigings maak sonder feite nie glo my as ons daar was sou als anderste uit gedraai het en almal sou nog oorleef het.

Wie weet ·

Sjoe van die mense kan oordeel
Mens sal dink julle was daar Dit was dalk net n bar fight die man het dit dalk nie eers beplan nie dit was dalk self verdediging wie weet Het julle vergeet toe julle jonk was hoe roekeloos ons opgetree het My simpatie met die familie Mag God julle krag gegee vir al twee gesinne

kas ·

Crystal.hierdie berig is dan misleidend.Hy was saam met vriende daar volgens die berig.Waar was die kuierplek se sekuriteit en waar was die vriende.Het niemand ‘n poging aangewend om die tragedie te keer nie.As die Gideon dan geloop en moeilikheid soek het hoekom is hy nie uitgegooi nie.Dit blyk dat die oorledene verwurg is volgens dokters dan blyk dit moord te wees.Dit blyk dat hy eerder dood is a g v die hoofbeserings. Hy sal die maksimum vonnis kry al is dit vir strafbare manslag.

Yvonne Ungerer ·

My innige simpatie is met Danie se Familie en vriende. Mag God vir hulle vertroosting bring in hierdie swaar tyd van verlies. Ek dink ook aan die ouers van die persoon wat verantwoordelik was vir sy dood. Dit is enige ouer se grootste nagmerrie as jou kind die dood van n ander persoon veroorsaak deur geweldadige optrede.

Denise ·

Dit is hartseer ai wat gan aan met die mense so onodig !!!!!

willemien ·

my seun kom gereeld onder die skoot omdat hy nie in kuierplekke kom nie. hy is akademies briljant en hy bemin sy sport. Dis juis insidente soos hierdie wat my as ouer nie laat skaamkry omdat my kind nie belangstel in klubs en kuierbplekke nie. een incident soos hierdie en 2 jong manne se lewens is vir altyd opgemors. My innige simpatie aan Daniel se geliefdes. Vir die aanrander voel ek jammer, vir sy ma…pleit die bloed van Jesus oor jou geliefdes en veral jou kinders. Jy het hom net so moeilik grootgemaak.

Santie ·

Ek dink jou seun is self slimmer as wat julle dink. Want om weg te bly van sulke uithangplekked, is dit beste.

Alitia ·

Hoe Hartseer!!
Amal wat Danie geken het , ken sy hart , & weet hoe hy na ander omgesien het bo homself !! As ons by n kuier was en ek wou ry , het hy altyd agter my aan gery om seker te maak ek was veilig , al beteken dit hy moes ook huis toe gaan ,
Nie net vir my nie maar enige Vriend en Vriendin van hom.
Jy los soveel mense agter wat Lief is vir jou , nie net was jy n Engel op aarde nie , Maar nou is jy God se engel , RIP Danie

Sad ·

AGNEE mens resolve nie alles met aggressie en geweld nie .. Ek voel jammer vir Daniel se familie .. die hele voorval is ONNODIG .. Hoe slaan jy nou iemand DOOD saam met wie jy in ‘n kuierplek kuier? Wat het van die mensdom geword?

Devill ·

Ek haat drank en “kuierplekker”. Mens hoor teveel van sulke lelike goed wat gebeur as iemand daar uithang!
Bly weg daar, los die drank, dis gif!
Gaan eet liewers ‘n roomys of wafel en drink ‘n melkskommel na die oefeninge?

Sterkte aan die familie!

Noujatoe ·

Roomys, wafels & melkskommels??
Hartversaking is jou voorland me soustante.

Eet ·

Soos oorgewig mense wat nogsteeds hul gesigte vol stop en dan GENE blameer. LOS die kos, dis GIF.

Johanna ·

RIV Danie. Innige simpatie met die familie. Mag die persoon wat jou jong lewe van jou af geneem het, swaar gestraf word!

Gis-Marie ·

Innige simpatie aan al Danie se familie en lewenslange vriende wat hy gehad het. Mag God jul vandag styf vas hou waar jul afskeid gaan neem.

Hoopelik kom die waarheid wel gou uit sodat jul almal kan closure kry. En vir dGideon, j wat altyd by kuierplekke skoor soek en dink jys HULK….. Mag jy kry wat jou toekom.
SIEN HY MOET 23 SEPTEMBER WEER IN DIE HOF WEES, DIS DAN N SONDAG??? Hoe nou?

Christa ·

‘n Vriendin van my het haar seun op dieselfde wyse verloor. Ek is egter ook getuie dat mens soms woede opkrop en die kleinste dingetjie dit kan laat ontplof. My man is 4 maande gelede oorlede en ek het opgekrop en toe oor iets simpel soos ‘n lint dit heeltemal verloor. Geen verskoning maar ek se net. RIV Danie. Ek ken jou nie maar ek bid jou ouers baie sterkte toe.

Gis-Marie ·

KAN IEMAND MY REG HELP?? Berig se Gideon kom die 23ste September voor, maar dis n Sondag???? HOE NOU

SB ·

Net weer bewys, mens moet als wat jy hier lees met knippie sout neem!

SB ·

Ek ken altwee hierdie jong manne, die slagoffer, sowel as die aangeklagde. Dit is baie baie hartseer, ons sal nie weet wat presies gebeur het nie, al wat ek weet is dat daar meer as twee mense se lewens onherroeplik verander het. Ek bid vir almal wie deur hierdie treurspel geraak is.

dinkie ·

So jammer vir almal betrokke. Bod God sal met almal die pad stap

Hester Hale ·

24 Nov 2011 is ons ook 1uur die oggend gebel met “Tannie Correls is geslaan!!” Min of meer dieselfde storie…kuierplek, kinders kuier rustig, man soek moeilikheid..my kind was net 19 en die man 24 en hy het my kind met een vuishou so hard geslaan, dat hy bewusteloos agteroor in die teer geval het en nog ‘n “dood skop” gegee het teen die kop. My kind is 66 uur later dood. Hy het net R2000 borg betaal. Die saak het van aanranding na moord verander en toe na manslag. Met baie getuies het die saak eers 2017 op die rol gekom en dis uitgegooi, want die kinders kon nie meer alles onthou nie!! Met die hofsaak het dit voorgekom asof my kind en sy vriende die “arme” man wou “dood” slaan, maar tog het sy ouers nie langs ‘n graf gestaan nie!! Soveel jaar later en ek huil nog elke dag oor my kind, hy het dit nie verdien nie, niemand verdien dit nie!!! Ek weet nie of dit ‘n “goeie” man is of nie, maar tog voel ek as jy iets verkeerd doen, moet jy die verantwoordelikheid en gevolge dra!! So ek bid vir die ouers dat geregtigheid vir hulle sal geskied, met ons het dit nie gebeur nie. Ek dra almal in my hart, want ek ken die pad en ek weet, dis ‘n lang, bitter en eensame pad….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.