Jong man sterf onder bakkie: bestuurder vrygelaat

Lloyd en Jared Lamos. Foto: Facebook

Lloyd en Jared Lomas. Foto: Facebook

Die 22-jarige man wat in hegtenis geneem is nadat Jared Lomas (23) Sondag in die vroeë oggendure onder ʼn bakkie gesterf het, is vrygelaat.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het besluit om nie die saak nou op die hofrol te plaas nie en gevolglik is die verdagte vrygelaat. “Die NVG wag vir die resultate van die nadoodse ondersoek en die forensiese verslag en dan kan die saak dalk heropen word. Tot dan is daar geen aanklag teen die verdagte nie. Hy het ook nie in die hof verskyn nie,” het hy gesê.

Lomas is dood nadat ʼn bestuurder van ʼn bakkie hom in Langstraat, Knysna, aan sy kraag gegryp, weggetrek en saamgesleep het. Die twee het glo ʼn woordewisseling gehad omdat die bestuurder Lomas beskuldig het dat hy en sy vriende in die pad geloop het. Die bestuurder is enkele ure ná die voorval by sy huis in hegtenis geneem.

Lloyd Lomas, Jared se pa, het Woensdag aan Maroela Media gesê hy wil nie by die geregtelike prosesse betrokke raak nie en hy hoop geregtigheid sal geskied. “Ek het my seun verloor. Niks sal hom ooit terugbring nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Liewe lullu ·

Wat…….Hoop sy gewete ry hom. Die regstelsel het Jared gefaal

Piet Snot ·

Moenie nou al sê die regstelsel het gefaal nie. Wees rustig. Dit vat tyd om so ‘n ondersoek af te handel.
Onthou, daai man is onskuldig tot ‘n hof hom skuldig bevind het. Wanneer hy die dag skuldig bevind is, kan ‘n hof besluit wat met hom moet gebeur, en eers dan moet hy gestraf word.
Draai die prentjie om: wat as iemand jou van iets beskuldig. Wil jy hê die polisie moet jou sommer op grond van ‘n ongetoetste bewering opsluit en die sleutel weggooi? Of sou jy wou hê ‘n hof moet eers alle kante vd saak aanhoor, en daarna ‘n besluit maak oor jou skuld of onskuld?

Leeutjie ·

Gelukkig is die regstelsel nie van jou oordele afhanklik nie.

anet ·

Die saak dalk heropen word?. Ek verstaan die berig nie so mooi nie en ook dat daar nie spesifiek verwys word dat die beskuldige se naam gekoppel word aan die bakkie nie. As jy ‘n persoon se dood veroorsaak deur oor sy kop te ry, dan is dit moord of moontlike manslag, maar hier word hy vrygespreek, geen borg of datum wanneer die persoon in die hof moet wees nie. Ek verstaan die saak glad nie en dit maak ook nie sin vir my nie.

George ·

Wat gebeur as die beskuldigte die land sou verlaat wou verlaat? Ek sou reken die polisie moes darem beslag gelê het op sy paspoort.

carel ·

jis jonk ek verstaan dat jy hartseer is maar n man moet seker vir jou kind baklei – moet nie terugsit en hoop iemand anders sal dit vir jou doen nie – die SAPS in SA is nie wat dit moet wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.