Jong man sterf onder bus: ‘Hy het so uitgesien na die toekoms’

Pieter Lamb en sy vriendin, Tishka Knoesen. Foto: Verskaf

Pieter Lamb en sy vriendin, Tishka Knoesen. Foto: Verskaf

ʼn Jong man wat opgewonde was oor sy toekoms nadat hy pas gehoor het dat hy ʼn bevordering by die werk gekry het, se lewe het dieselfde dag tot ʼn tragiese einde gekom toe hy in ʼn motorfietsongeluk dood is.

Pieter Lamb (19) is Woensdagmiddag dood nadat ʼn bus hom op die hoek van Hendrik Verwoerdrylaan en Jakarandastraat in Hennopspark in Centurion raakgery het. Lamb het onder die bus beland en is op slag dood.

Gloudie van der Walt, Pieter se ma, het Vrydag aan Maroela Media gesê Pieter het dié dag gehoor hy is by sy werk bevorder en word na ʼn ander departement geskuif. Hy het vir die hardeware-kettingwinkelgroep, Chamberlains, gewerk.

“Hy was so opgewonde oor sy bevordering en het so uitgesien na sy toekoms. Hy was so ʼn dinamiese kind en was regtig op pad boontoe in die lewe. En toe eindig alles net so?” het sy hartseer gesê.

Volgens Van der Walt was Lamb op pad gimnasium toe, toe die ongeluk gebeur het. “Hy het net na 17:00 met sy meisie, Tishka, gepraat en gesê hy gaan nou oefen. Iemand wat in dieselfde woonstelblok as Pieter bly, was reg agter die bus en het gesien hoe die ongeluk gebeur,” het sy gesê.

Van der Walt het verduidelik ʼn voorlopige ondersoek dui daarop Lamb wou reguit oor die kruising ry, toe die bus vanuit die regterbaan links gedraai en in hom vasgery het. Hy is op slag dood.

“Almal was so geskok en hartseer om te hoor wat gebeur het – al sy kollegas en vriende van Hoërskool Zwartkop [waar hy in 2014 matrikuleer het]. Hy was so ʼn geliefde mens. Almal was mal oor hom, want hy het net altyd ʼn glimlag op sy gesig gehad,” het sy gesê. “Dit is vir Tishka en haar ouers net so moeilik soos vir ons, want hy was soos ʼn kind in hul huis.”

Sy het gesê sy sal Lamb altyd onthou oor die groot glimlag op sy gesig. “Hy was my happy-go-lucky kind vir wie alles in die lewe so maklik was.”

ʼn Gedenkdiens vir Lamb sal na verwagting Woensdag in Centurion gehou word. Hy sal daarna begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Elaine Steyn ·

Dis so verskriklik wreed en hartseer. Ek het self ‘n seun van 19. Sterkte aan al sy familie, mag God julle vertroos.

Toela ·

Ek huil in my hart want ek weet wat le vir hierdie ouers voor. Die moeilikste pad vir n ouer om te stap. Ek het my enigste seun op 29 jarige ouderdom verloor in n motorongeluk. Die vreeslike seer gaan nooit weg nie.

Gys ·

Toela, ek sal nie regtig die diepte van jou, en elke ander ouer wat ‘n kind aan die dood afgestaan het, ten volle kan verstaan nie, want ek het genadiglik nog nie so ‘n trauma beleef nie. Maar ek het ‘n seun van 18 jaar oud en ek kan my die pyn en verdriet indink indien hy iets sou oorkom. Ek onthou my ma het altyd vertel dat sy al ‘n pa, ‘n ma en ‘n broer aan die dood afgestaan het. Sy kon daarna berusting vind. Maar toe sy ‘n kind, my jongste broer, aan die dood moes afstaan op 33-jarige ouderdom, was dit iets wat sy nooit kon verwerk nie. Sy het tot die dag van haar dood oor hom gerou.

Annamarie ·

Hallo Toela…. sluit aan by ons fb groepie My kind is in die Hemel / I lost my child.
Gys, jou Ma het waar gepraat…..

mariaan ·

Sjoe dit is hartverskeurend….so mooi jong man…my seuntjie is 10jaar oud en ek lief hom met my hele lewe…kan net dink watse hartseer jul deurgaan…baie sterkte aan julle…mag die Here jul vertroos

mariaan ·

Sjoe dit is hartverskeurend….so mooi jong man…my seuntjie is 10jaar oud en ek lief hom met my hele lewe…kan net dink watse hartseer jul deurgaan…baie sterkte aan julle…mag die Here jul vertroos in hierdie hartseer tyd

Audrey ·

Ek het my seun in n trok ongeluk verloor op 29 en my hart kry so seer omdat ek weet wat hierdie ouers nou moet deurgaan. Die seer raak nie minder nie

Johann ·

Sy son het onder gegaan voordat dit nog opgekom het. Sterkte aan al sy geliefdes en vriende.

elna ·

Dis die seerste seer ooit en gaan nooit maar nooit weg nie.. dis baie hartseer. Ek so ontsettend jammer vir hulle verlies. Maar so stap ons die pad alleen.

Eurika ·

Gloudie klou aan God vas. Ons seun 25 is in 2012 in n tref en trap motorfiets ongeluk gesteel. Mense se so maklik dit was sy tyd. Of dit was God se Wil. Nee in ons geval is dit deur n menslike nalatige fout. En daarom se ek gesteel. Maar God dra ons daardeur ons groei in ons pyn. Sterkte vir die pad vorentoe ons is nie alleen nie God is met ons.

Chane ·

My neef, my hart is geskeur in duisende stukke ? dit is die seerste se, om te ondergaan ?
Ek mis jou ?

Susan Floyd ·

Dis n seer wat nooit weggaan nie. Aan die mamma: n deel van jou hart is dood; daardie leegheid kan deur niks anders vol gemaak word nie. Innige simpatie en baie sterkte met die toekoms.

Linda ·

Pieter was ‘n ongelooflike jong man met ‘n hart van goud! Dit gaan nooit weer dieselfde wees vir almal wat hom geken het nie!

Ken ·

Ek wens van harte SA wil reels begin toepas soos in die VSA en Australie waar ek self ervaar het hoe hulle dit doen. Die busse, taxis en BAIE gewone bestuurders wat net geen agting het vir reels hier nie. Kommerwekkend. En in die malligheid van die wetteloosheid verloor mense hul lewens. Rus sag jong man. Die land het goeie ouens soos jy bitter nodig.

DPJ ·

Glo in God drie-enig bid en glo. Pieter Lamb het ons net vooruit gegaan.
Ons sien ‘ n nuwe lewe kom, ‘n aarde en hemel nuut en vry van alle spet skoon.
Moet net nie enige wrok koester wat dan gee ons woning in ons kop aan onwelkome gaste.
Lewe as vry gekoopte mense deur Chrisus Jesus vrygekoop van ons sondes toe Hy in ons plek aan die kruis vir al ons SONDES betaal het en hy van God verlaat is sodat ons altyd in Sy teenwoordigheid kan lewe.

Isabella ·

Voel so seer vir die wat agterbly. Al my kinders en kleindogter verloor. Die seer word nie beter. Hou vas aan jou Skepper.

AnoniemR ·

Alle sterkte aan die familie. Dt is a baie moeilike proses om deur te gaan. Ek het my boetie laas jaar verloor in n motorfietsongeluk. Ek bid dat die Here die familie en vriende die nodige krag gee om deur dt te kom!!

Gerhard Duvenage ·

Ek ry self motorfiets en ek moet se dit is gladnie ongewoon vir bus, taxi en motorbestuurders om onwettig uit die verkeerde baan te draai nie. dit gebeur daagliks en ongelukkig het motorfietsryers min beskerming en kom altyd die slegste daarvan af in botsings. Ek dink aan sy naasbestaandes in hierdie moeilike tyd.

Karma ·

My broerskind is op 29 Januarie 2016 dood, 11 dae nadat hy in ‘n ongeluk met sy motorfiets net buite die Paarl was. Dit wil voorkom asof die motorbestuurder voor hom ‘n onverwagse beweging gemaak het en die motorfiets toe die motor getref het. Hy het beide sy bene verloor en sy laaste lewensdae moes een “lewende” hel gewees het. Hy was net 22 jaar en 29 dae oud.

Jy is reg, Gerhard Duvenhage, as jy sê motorfietsryers het min of geen beskerming as dit kom tussen motorfiets, motor/taxi/bus nie. Hulle kom altyd die slegste af. Soos hierdie jong seun, wie se ouers nou hartverskeurd agtergelaat is. Die seer sal vir seker nooit weggaan nie en daar is waarheid in die gesegde wat sê: “Geen ouer behoort ooit ‘n kind te begrawe nie”.

Ons gesin se harte is stukkend-vertrap oor die onnodige dood van “ons” seun wat altyd so vol liefde en energie was. Daar is ‘n Ma, ‘n Pa, ‘n stiefma, boetie, sussie, Oumas en tannies wie se lewens nooit weer dieselfde gaan wees nie.

Jacqui ·

Dit breek my hart in stukke as ek hierdie goed lees. Ek wat ook n ma van n 9 jarige is kan myself nie indink aan daardie tipe hartseer nie. Net God kan iets so seer weer heelmaak…hou asb vas aan God…ons Vertrooster in sulke tye. Dit het by ons kantore gebeur…nie die ongeluk gesien nie maar wel gehoor daar was een. My innige simpatie aan almal wat na aan hom was.

Troos ·

Liewe moeder & familie ek kan jul troos met dit sal beter raak met tyd & hiu aan jul Skepper vas. Verder moet jul fokus op die vorreg dat hy 19 jaar by jul was-hoe moeilik ookal,probeer dit is jou redding & dink daar is dalk iemand wat nie die kans gehad-nooit is n goeie tyd-ongelukkig is die besluit nie in ons hande! Dan moet jul verder weet hierdie opspraakwekkende jong man het in net 19 jaar alles gedoen wat ander n hele leeftyd neem baie keer meer as 80 jaar -lees weer wat almal oor hom se dan sal jul weet hy was n amazing jong man!

Amanda Van Vuuren ·

Ek is jammer om te moet se dat elke ouer wat ek nog ooit teegekom het wat n kind/ers aan die dood moes afstaan, nog nooit kon se die seer ‘word beter’ met tyd nie:-( Ek onthou soos in gister die jaar wat ek in st 6 was, 1969, het n matriek seun met sy motorfiets verongeluk. Die hele skool het sy begrafnisdiens by gewoon en die ma het soos sy deur gestap het, haar seun se naam geroep! ‘Paul, Paul’ dit was beyond the point of verskriklik…
Net die liewe Here kan ingryp en troos, mag julle seun deur Hom leef vir ewig. Wens ek kon jul n drukkie gee, ingedagte by die familie en die girl friend en haar familie en kennisse.

Troos ·

Dit raak leefbaar & beter om aan te dink of terug te dink met genade en as jy fokus op jou kids wat leef en die res van jou familie & vriende. Hartseer & verlange na n kind wat dood is wat onversorg & gevoed bly kan jou hele wese vernietig. Jy kan egter oorleef deur te fokus op die mooi van hierdie seun se bestaan en vir jou direkte familie daar wees!

Helen ·

Wat ‘n pragtige seun, nou ‘n engel kind, jammer oor jul verlies, mag God jul vertroos in hierdie hartseer tyd

Arizona ·

Wat n pragtige seun. Aan die ouers en Familie, ek kannie sê hoe verskriklik jammer ek is oor julle verlies nie. Nog minder kan ek sê wees sterk, julle kannie. Die seer en die pyn sal nooit weg gaan nie. Daar sal dae wees wat julle voel julle wil nie meer aan gaan sonder hom nie, julle gaan wens die aarde wil julle in sluk. Leef in sy skadu. Moenie dat enige iemand julle jaag om oor sy dood te kom nie. Huil as julle wil huil, slaan goed stukkend as julle moet, dit was julle seun, julle hartseer en julle lewe wat nou moet aan gaan sonder hom. Ek kan ook nie vir julle sê berus daarin dat hy op n beter plek is nie. Want hy is nie by julle nie. Ek bid dat God julle hier deur sal help. Dit gaan n baie lang en moeilke pad wees vir julle. Mag God julle die krag gee om elke dag te kan op staan en net die dag in die oë te kan kyk.

Cornell ·

My seun word 18 in Mei maand. Ek kan myself nie in-dink watse hartseer Pieter se ouers moet deur-gaan nie. Alle simpatie.
Die feit van die saak is dat dit ‘n STAR bus was, 2 dae daarna was nog ‘n STAR bus bo-oor ‘n kar in Pretoria-Wes………?

Gesiggie ·

So n jong seun in die fleur van sy lewe… maar dit was nie sy tyd of plek om aan te gaan. Net in n oogwink het sy lewe gestop” Alles begin en eindig by God… Hy is die Alfa en die Omega? hoekom nou vra jy as Ma , Pa Familie… niemand sal weet, daar is nie a antwoord op hierdie vraag… sy lewe was vooruit beplan. Al wat ek U kan toewens, is God se Liefde, bystand en dat jul pad voorentoe met rose besaai sal word. Sterkte

Deloris ·

ai mense ek kan nie my naby indink watter trauma en hartseer dit vir enige ouer moet wees om ‘n kind te verloor nie, hetsy jonk of oud. My hart gaan uit na julle almal wat ‘n kind/ers verloor het. Ek dra julle op in my gebede. My innige simpatie en mag ons Heer julle optel en dra in hierdie vreeslike moeilik tyd. Hy was ‘n prag van ‘n seun.

tamboti ·

Ken jy is reg SA padgebruikers is so wetsongehoorsaam omdat daar geen regverdige maar streng wetstoepassing is nie. In hierdie geval waar die busbestuurder ‘n totaal onwettige en roekelose daad wederegtelik gepleeg het, moes hy tronkstraf kry en omdat dit noodlottig was ten minste 10 jaar effektief, en daarby nooit ooit weer in die res van sy lewe enige voertuig mag bestuur nie.
En DPJ dit kom nie neer op wrok of wraak nie maar ons kan wraggies ook nie “Gods waters oor Gods akkers laat loop” nie! Dit is juis toe te skryf aan die gebrek aan respek vir reels en orde en ander se lewens dat dit in die land gaan soos nou.
Eis behoorlike vervolging en straf!

Wonder ·

Tamboti, ek kan net nie verstaan hoe die bus “links” wou draai nie. Die bus het meer gelyk of dit in die enkelbaan gestaan het om reguit oor te ry (Jakaranda het net een baan wat reguit ry, en `n vry vloei na links in Hendrik Verwoerd in), met sy neus na links gedraai, asof hy moes uitswaai vir iets wat van sy regterkant af gekom het. Sover ooggetuies aangaan, het die seun roekeloos en vinnig gery van Migmatite af al net voor die insident plaasgevind het by Jakaranda. Gee almal `n regverdige kans. Ek is self nie mal oor busse nie, oor ons motorfietsryers in die familie het, maar soms is dit net te maklik om blaam te plaas, of mense in `n hoek te druk om verklarings af te lê wat nie heeltemal 100% is nie, om minder skuldige partye te beskerm. Wag eerder vir die ondersoek om heeltemal afgehandel te word.

Wonder ·

Ons het by die toneel verby gery, en die berig en die toneel self, klop nie. Dat so jong man sy lewe moes verloor. Hopelik sal die ondersoek beslis vasstel hoe dit gebeur het, sodat daar berusting kan wees.

Wonder maar net ·

Dis `n jammerte dat die seun se lewe verloor het. Die berig en hoe die toneel gelyk het, stem nie ooreen nie. Ek hoop die ondersoek word deeglik gedoen en dat onskuldige mense nie opgesluit word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.