ʼn Man in sy 20’s is Maandagmiddag dood toe hy uit sy bakkie geslinger is toe dit van die Schoemansdriftpad ongeveer 15 km buite Potchefstroom van die pad af gerol het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici en die brandweer se aankoms op die toneel het hulle die bakkie etlike meters van die pad af op sy dak aangetref.
“Die man se liggaam is ʼn ent weg van die bakkie aangetref,” het Meiring verduidelik.
Meiring het gesê die man het veelvuldige beserings opgedoen en paramedici kon nie tekens van lewe kry nie.
Die man is op die toneel dood verklaar.
Die polisie ondersoek die voorval.
Ai hoe tragies en onnodig!As mense net wil besef ‘n veiligheidsgordel in enige voertuig is nie hul vyand nie.Dis ook nie ‘n skande om jouself vas te gordel met een nie.
Nog n ouer wat huil! Ai…