Jong man sterf toe motor baksteenmuur tref

Die jong man is na ‘n hospitaal gehaas, waar hy aan sy beserings dood is. (Foto: ER24)

ʼn Jong man het aan sy beserings beswyk nadat die voertuig waarvan hy die bestuurder was vroeg Sondagoggend ʼn baksteenmuur in Kempton Park getref het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê die 20-jarige man het kritieke beserings opgedoen.

“Paramedici van ER24, asook verskeie veiligheidsmaatskappye, die brandweer, die Ekurhuleni-metropolisie en ander private nooddienste was om 07:25 op die toneel.

“Die ligte motor was op sy dak nadat dit oor die sypaadjie is en teen die baksteenmuur van ʼn sakeonderneming gebots het,” sê Campbell.

Die jong man was in die voertuig vasgekeer.

Campbell sê die man is op die toneel behandel waarna hy na die Tambo-gedenkhospitaal gehaas is waar hy dood is.

Die polisie was op die toneel om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.