Jong man swaar gestraf vir verkragting van 11-jarige

hof-hamer

Argieffoto.

Monli David Ndlovu (25) is lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van ʼn 11-jarige meisie in 2016.

Ndlovu, ʼn voormalige student aan die Durban-Universiteit van Tegnologie, is in die hof vir seksuele oortredings in Pietermaritzburg gevonnis.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie is op 10 September 2016 verkrag. Die voorval het omstreeks 22:00 by die slagoffer se huis in Taylors Halt plaasgevind.

“Die man het die meisie genader en haar na sy huis toe gestuur om ʼn selfoonlaaier te gaan haal. Op pad terug het hy haar ingewag,” het Zwane gesê.

Die verdagte het die meisie oorrompel en haar na sy oom se huis geneem en verkrag. “Die slagoffer het vir haar suster van die voorval vertel en sy het op haar beurt die voorval by die polisie in Taylors Halt aangemeld.”

Volgens Zwane is die beskuldigde dieselfde dag van die voorval in hegtenis geneem en sy aansoek om borgtog is van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Genieve ·

Sulke goed maak n mens bang om te dink jy maak ook meisie kinders groot. Wat gaan in ons land aan.

Ada ·

Dankie tog die vark is toegesluit. Ek wens die meisie sterkte toe.

Leahim ·

Hoe is dit nou n swaarstraf 2/3 jaar is hy uit op parool omrede die tronke reeds oorbevolk is ,Die opskrif moet wees jong man skotvry na hy kind se lewe verwoes.

LB S ·

Leahim, lees weer mooi rustig deur. Hy is LEWENSLANK gevonnis. Hierdie Regter het ‘n baie beter werk gedoen as vele ander. Hy sal beslis nie na 2/3 jaar al kan uitkom nie, of anders verstaan jy gladnie hoe die reg wette werk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.