Jong man swaar gevonnis vir moord op polisiemanpa

Petrus Holz.

Petrus Holz.

ʼn 22-jarige man is Donderdag gevonnis vir die moord op ao. Petrus Johannes Burger Holz (49), ʼn polisieman en pa van twee.

Regter Robert Henney het Adriaan Hendricks lewenslange tronkstraf, wat effektief 25 jaar is, opgelê.

Holz het vroegoggend op 29 Julie 2015 op die N2 tussen Somerset-Wes en Khayelitsha gery op pad kantoor toe. Hy het vir die Valke se afdeling vir kommersiële ondersoeke gewerk. Holz het oor klippe in die pad gery, waarna twee van sy motorbande gebars het. Hy het stilgehou en onmiddellik hulp ontbied. Hy is egter binne die volgende tien minute vermoor. Hendricks het Holz met ʼn mes in sy been gesteek en ʼn aar raakgesteek.

Trane het Donderdag oor Holz se vrou, Rene, se wange gerol tydens vonnisoplegging in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Hendricks is vroeër vandeesmaand skuldig bevind op aanklag van moord, twee aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging, poging tot roof met verswarende omstandighede en roof met verswarende omstandighede. Holz se selfoon en navigasietoestel is gesteel.

Adriaan Hendricks

Adriaan Hendricks

Twee weke voor die moord op Holz, is nog ʼn motoris op dieselfde pad aangeval. Jacques Loots het op 17 Julie oor klippe in die pad gery en een van sy motor se bande het gebars. Hendricks het op Loots se motor toegesak en ʼn mes uitgepluk. Loots kon egter daarin slaag om weg te kom. Sy selfoon is ook gesteel.

Hendricks is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis op elk van die aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging, tien jaar vir die poging tot roof met verswarende omstandighede, 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede en lewenslange tronkstraf vir die moord. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien.

Henney het in sy uitspraak gesê die manier waarop die misdade beplan is, was “skokkend en verwerplik”. Hy het gesê Hendricks het in albei gevalle baie brutaal en wreed opgetree. Volgens Henney het Hendricks ook nie berou getoon vir sy dade nie.

Hendricks het geen emosie getoon terwyl hy gevonnis is nie. Sy ouma het die trane met ʼn sneesdoekie weggevee. Sy het buite die hof aan verslaggewers gesê sy het na Hendricks omgesien vandat hy vyf jaar oud was en sy ouers oorlede is. “Hy moes van die begin af die waarheid gepraat het.”

Rene Holtz wou nie met die media praat buite die hof nie maar het gesê sy is tevrede met die uitkoms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lalla ·

Verfoeilike skuim van die aarde. Mag hulle in die tronk ‘n baie goeie voorbeeld van jou maak.

Theresa ·

Die gesig spreek boekdele. Die man gee nie om vir enige iemand nie en ek twyfel of hy iets vir homself voel. Dankbaar vir ‘n regverdige vonnis. Die gesinne wat die mans in hul lewens moes afstaan aan hande van dié een se denke en dade, ly baie meer as wat hy ooit kan ly.
Jy is heeltemal reg, Lalla – skuim.

BOLANDER ·

Theresa, ek stem, die gesig sê alles. Ek hoop hy brand in die hel eendag. Daardie 2 kinders moet nou sonder hulle Pa groot word en ek praat nie eers van die Moeder se hartseer nie!!!!

MissDemeanor ·

Ek wonder of sy lewe anders sou wees as hy nie sy ouers op 5 jarige ouderdom verloor het nie. Om groot te word in ‘n liefdevolle familie is sekerlik iets wat help om kinders te laat opgroei in gebalanseerde selfstandige volwasenes. Dis so jammer dat hierdie man nou ‘n gevoellose psigopatise misdadiger geword het en dat hy ‘n dapper polisieman en pa vermoor het. Dit is ‘n verlies vir die hele land.

Ria ·

Jammer die doods vonnis het weg geval want jy verdien niks meet as dit nie want nou moet my belasting geld vir jou sorg

Nonnie ·

“Jong man” …… nee wat, jy’s nie ‘n man nie, jy’s doodeenvoudig nie werd om enigsins iets genoem te word wat enige verwantskap aan ‘n mens het nie. Stem saam met almal hierbo, mag jy kry wat jou toekom vir dit wat jy gedoen het!!

Lance ·

Die doodstraf sal al ons probleme oplos …dis hoekom Botswana nooit in die nuus is nie …dink net hoe baie mense word aangeval en sterf deur die duisende krimenele wat op vryevoet rondloop en dit terwyl die wat n eerlike bestaan probeer maak bang en verskril in hulle eie selfgemaakte tronke gaan slaap. En eendag kry hulle die staatspension wat jy voor gewerk en bygedra het ..dit terwyl hy gemoor geroof en verkrag het …SA is siek !

Sputnik ·

Die woord rampokker is te lig vir dié een! Om te dink my mooi dogter moes onlangs een aand laat daardie pad ry – dít terwyl ‘n persoon wat die omgewing daar ken ons afgeraai het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.