Jong man, tiener vas vir grusame moord op vrou

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Jong man en ʼn tiener verskyn Maandag in die Prieska-landdroshof in die Noord-Kaap vir hul beweerde verbintenis met die grusame moord op en verkragting van ʼn vrou van dié dorp.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het Sondag gesê die man (24) en 15-jarige tiener is die naweek na aanleiding van ʼn wenk deur die plaaslike eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe in hegtenis geneem.

Dít volg nadat ʼn vrou in haar vroeë 30’s vroeër vanjaar op pad huis toe na bewering deur twee verdagtes voorgekeer, na ʼn nabygeleë erf gesleep en om die beurt verkrag is. Sy is ook erg aangerand gedurende die voorval.

ʼn Verbyganger het kort daarna op die halfnaakte vrou afgekom waarna hulp ontbied is. Die vrou het egter gedurende mediese behandeling aan haar beserings beswyk, het Tawana gesê.

Brig. Nicky Mills, provinsiale hoof van die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe, het die Noord-Kaapse polisie geloof vir die inhegtenisnemings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

SkaamteLOOS ·

JV die wereld is nie siek nie dit is die mense in die wereld.
Ek wonder net wat gaan hulle eendag vir die Vader daarbo se as oordeelsdag kom waarom het hulle gedoen wat gedoen is.
Jy mag nie moord pleeg nie dis ons Vader se woord en wet en nogsteeds neem hulle lewens so ver hulle gaan.

Karolis ·

Klink vir my ook al hoe meer of die publiek dit beter kan hanteer.

Oujongvrou ·

Wat n grusame manier om te sterf. Haar liggaam is so erg verniel deur 2 uiterse gevaarlike prigopate. Ek stem ook vir bos geregtigheid. Gee die goed vir haar ouers en sibbe.????????????

humor ·

SkaamteLoos dit is juis omdat die mensdom skaamteloos is dat die wereld siek geword het. As JV verwys na n wereld wat siek geword het dan bedoel hy tog die mensdom het siek geword, skaamteloos geword. Logies.

Kobie Welgemoed ·

Moenie geld mors met hofsake nie. Oorhandig die 2 aan die gemeenskap. Hulle weet hoe om geregtigheid te laat geskied. Dit los ook ons probleme permanent op.

Asjas ·

Kom ons loof die polisie wanneer hulle eendag misdaad VOORKOM!!

Jozi ·

@SoosDitIs,
Moet nie vir ‘n oomblik TE geskok wees oor dit wat ‘n 15 jarige mannetjie kan aanvang nie.
Onthou, baie kinders word groot in ‘n “shack” waar daar weinig of geen ruimte vir privaatheid is nie.
Die gevolg is dat kinders alreeds op ‘n baie jong ouderdom blootgestel word aan “grootmens dinge”.
Hulle gaan verseker eksperimenteer met dit wat om hulle aangaan.
En dan praat ons nie eers van die geweld op straat wat ook ‘n alledaagse gebeurtenis is nie.
Jeugmisdadigers, dit is wat dit is.
Geen respek vir hul medemens of ‘n lewe nie.
Hoop hulle word toegesluit vir ‘n baie lang tyd. Verkieslik lewenslank.

Michelle ·

Daar is niks meer respek nie gewetenlose 15 jarige verkragters wat rondloop dan moet hy tronk toe gaan as ‘n gewetenlose verkragter hy moenie as ‘n kind behandel word nie want hy tree nie soos een op nie. Hy gedra hom soos ‘n geharde misdadiger verwyder hom uit die samelewing hy het nie simpatie nodig nie. Dit is ‘n skande vir sy familie vir almal. Mens doen nie so iets nie, niemand soek die gemeenskap moet hul in die hande kry nie maar in sulke gevalle gee hul vir die gemeenskap want dis al wat werk oorhandig hul aan die ( bundu hof)

Heksie ·

15 jaar oud en hy is nou al so booswig … hy moet ook maar die prys betaal vir sy dade!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.