Jong man tydens huisroof vir selfoon doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Jong paartjie is Donderdag in die vroeë oggendure tydens ʼn vermeende huisroof in Pietermaritzburg geskiet.

Lt.kol. Shooz Magudulela, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse polisie, het aan Maroela Media gesê vier onbekende gewapende mans het omstreeks 01:30 die paartjie se huis in Copesville betree.

“ʼn 27-jarige man was saam met sy 23-jarige vriendin toe die mans toegeslaan en op hulle losgebrand het. Die man is noodlottig gewond en sy vriendin is in die onderlyf en boarm geskiet,” het Magudulela gesê.

Die verdagtes het met die paartjie se selfone gevlug.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, was die man reeds dood toe paramedici by die huis opgedaag het. Sy liggaam is met verskeie koeëlwonde in een van die kamers aangetref.

“Die vrou is in ʼn ernstige toestand aangetref. Sy is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Meiring gesê.

Die Mountain Rise-polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Koos ·

Weereens luister en leer bewapen jouself en wees paraat hierdie insidente gaan toeneem

Spook ·

Hoeveel gaan nog vermoor word voordat ons sal se genoeg is genoeg? Ons is so bang om enige iets te se of te doen of jy word gebrandmerk as n rassis en jy word tot op die laaste toe vervolg.WORD WAKKER DIS NIE OF NIE MAAR WANNEER!!! Met die tempo wat wit mense vermoor word jou kanse vir so iets soveel groter en dis nie n geheim wat die regering se plan is met ons mense nie. Ons staan nou voor die deur wat ons gaan moet besluit wat ons gaan doen.Elkeen vir homself en sy koningkrykie of gaan ons soos ware boere wat alles besig is om te verloor mekaar help en saam staan?Maar ongelukig woon ek in my droom wereld en ek weet die dag as ons eers weer gaan saam staan gaan dit wees as ons almal alles verloor het .Dis jammer dat dit eers dan sal gebeur wanneer ons en ons geliefdes vermoor is.Die tekens word al hoe duidliker dat ons vinnig afspeel na n burger oorlog en saam met dit gaan n volksmoord plaasvind op ons blankes. Ek hoop en bid dat dit nie sal gebeur nie en dat ek nooit die besluit moet neem om iemand anders se lewe te neem nie maar moet ons volk nie oorskat nie en moenie jou hand oorspeel nie.Onthou die versrikte hond in die hoek wat heeltyd geskop en geslaan word draai om en verkeur jou. Dit is instink om te oorleef!

vierkleur ·

Ek is bevrees, dat n burgeroolog ons blanke volk se enigste uiweg is om weer n vrye volk te word Spook. Dit gaan n stryd om oorlewing wees, maar ons God sal ingryp waneer dit nodig is.
Daar is daagliks waarskuwings dat n volks moord reed aan die gang is, dit gaan net erger word,
totdat ons in n hoek gedruk word.Die leeu, sal dan die wat hom soveel jare met n stok geslaan het , verskeur.

m ·

n Lewe het baie goedkoop geword in hierdie wrede land…. So tragies.

Annie ·

Skrikwekkend!!!!!!!!!!!!!!!!! Elke dag se storie – wanneer gaan dit ophou.

alida ·

Koos dit is duidelik dat jy nog nie deur gewapende rowers oorval is nie. Jy kan ‘n arsenaal wapens in jou kamer of selfs onder jou kussing he maar wanneer 3 of 4 gewapende skelms voor jou bed staan kan jy niks doen nie. Dit is ‘n ander saak as jy hulle kan hoor inbreek en betyds wakker word, vra my ek was daar. Moet asb nie raad uitdeel oor goed waarvan jy duidelik niks weet nie.

Cherokee ·

Alida, jy is die een wat nie weet waarvan jy praat nie. Koos het gesê gewapend en paraat. Jy praat van wakker word met die goed voor jou bed. Paraat beteken om te beplan. En as jy paraat is oftewel as jy beplan, sal jy sorg dat hulle nie by jou privaat ruimte kan inbreek sonder om jou wakker te maak nie. Male sonder tal het ek voorgestel dat mense gewapend moet wees, ‘n keffertjie of twee in die huis moet hê en ‘n traliedeur in die gang wat na die slaapkamers lei.

Cherokee ·

Is dit nou polities korrek om te sê dat vier onbekende gewapende mans ‘n huis betree het, terwyl dit moordenaars was wat ingebreek het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.