Jong man val na sy dood uit woonstelgebou

(Foto; Netcare 911)

ʼn 18-jarige man is Maandagaand dood nadat hy blykbaar uit ʼn woonstelbok in Palm Boulevard in Umhlanga gespring het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici het die man met verskeie beserings op die grond aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het gesê die man het volgens berigte van die sesde verdieping gespring.

“Die Durban-Noord-polisie doen ʼn geregtelike ondersoek om die omstandighede rondom die voorval vas te stel,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.