Jong man van Oos-Kaap gevind

Dagan Read (Foto verskaf)

Dagan Read (25) wat Saterdag in die Oos-Kaap verdwyn het, is gevind.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn lid van die publiek het die polisie in kennis gestel dat hulle Read op die pad tussen Grahamstad en Bedford gesien het.

“Die stasiebevelvoerder van Riebeeck-Oos was nader aan die gebied waar Read gesien is, en hy is na die toneel ontbied. Hy het Read gevind. Read het nie enige beserings opgedoen nie, maar was geestelik onstabiel,” het Govender verduidelik.

Read se familielid van Port Alfred is gekontak en Read is in ʼn plaaslike hospitaal opgeneem vir waarneming.

“Die polisie en sy familie bedank almal wat hulle met die soektog gehelp het,” het Govender bygevoeg.

Maroela Media het vroeër berig nadat ʼn saak van ʼn vermiste persoon by die polisie aanhangig gemaak is, het die polisie vasgestel dat hy Maandag omstreeks 10:00 die laaste keer deur sy vriende op die N2-snelweg naby die Settlers Nasionale Museum in Grahamstad gesien is.

Volgens ʼn familielid is Read onlangs op borgtog vrygelaat in verband met ʼn saak in Upington in die Noord-Kaap waar ʼn voertuig sonder die eienaars se toestemming gebruik is. Hy is goed opgevoed en ly aan depressie, het die polisie in daardie stadium bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Kaufman ·

Ons gemeenskap gaan deur baie moeilike tyd en die land is baie gevaarlik, aanvaar dat ons vir n tyd mekaar gaan moet help.

Ouvrou ·

Ek is bly dat mense omgee. Ek het ‘n seun met soortgelyke probleme. Sterkte aan sy ouers.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.