ʼn 19-jarige man is in hegtenis nadat hy glo ʼn gesin in hul huis in Windermere in Kaapstad geskiet en gewond het.
Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, en aan Maroela Media gesê die voorval het Donderdag omstreeks 21:30 plaasgevind.
“Die slagoffers is onderskeidelik 64, 50, 22 en 15 jaar oud en lede van dieselfde gesin,” het Rwexana gesê.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is kort na 22:00 na die toneel ontbied.
“Al vier slagoffers is met koeëlwonde en in ʼn ernstige toestand aangetref. Hulle is op die toneel gestabiliseer en deur ER24 en Metro-nooddienste na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling,” het Van Huyssteen gesê.
Volgens Rwexana is ’n 19-jarige verdagte reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem en sal hy na verwagting Maandag in die Kaapstad-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.
Die omstandighede en motief vir die skietery word deur die Kensington-polisie ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Die wereld is op sy kop gekeer. Openbaring. Ek word bang
Dis wat gebeur as niks meer “verkeerd” is nie, maar alles toelaatbaar onderhewig aan ‘n verduideliking…….bv. Ek het hulle geskiet want hulle het op my neergesien en neerhalend met my gepraat, so dis alles hulle eie skuld dat hulle geskiet is, want ek het vernederd gevoel. Dit gaan nêrens meer oor “reg” of “verkeerd” nie………..maar alles oor “wat was jou motivering?”
Ek stem 100% saam gemaskerde sopbeen.
Ramaposa leier van sinkende skip.