Jong man vas ná moord op onderwyskenner

John Curran. Foto: Facebook

ʼn Vier‑en‑twintigjarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op Jon Curran, ʼn Ierse onderwyskenner, wat vroeër dié maand in Kaapstad vermoor is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is Vrydagaand in Voortrekkerweg in hegtenis geneem nadat die polisie inligting opgevolg het. Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Kaapstad-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Curran se liggaam is op 7 November in sy woonstel* in Buitengracht in Kaapstad gevind.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan geloof vir hul toewyding om reg te laat geskied.

Curran was ʼn stigterslid van die Irish Primary Principals Network (IPPN), ʼn beroepsliggaam vir Ierland se laerskoolleiers, en het van 2000 tot 2007 in dié organisasie se uitvoerende komitee gedien.

Hy was 16 jaar lank hoof van die Good Shepherd National School in Churchtown in Dublin, Ierland, voordat hy in Junie 2005 op vroeë aftrede gegaan het.

Curran was egter so passievol oor onderwys dat hy in Oktober 2016 as ʼn direkteur van Mellon Educate, ʼn Iers‑gebaseerde Afrika-ontwikkeling-liefdadigheidsorganisasie, in Suid-Afrika kom werk het.

Volgens IPPN het Curran in 2016, 2017 en 2018 ʼn bydrae gelewer om Ierse onderwysers en hoofde na Afrika te bring as deel van projekte om skole te bou, bestaande skoolinfrastruktuur te verbeter en die professionele ontwikkeling van skoolleiers te ondersteun.

IPPN het gesê Curran sal gemis word vir sy wonderlike sin vir humor, sy aansteeklike lag en sy vermoë om ernstige kwessies ligter te maak. “Hy het ʼn diepgaande impak op verskeie kinders in Ierland en Afrika gehad, sowel as op skoolleiers, kollegas, vriende en sy familie.”

Curran se seun, Eoin, is in 2010 in ʼn seiljagongeluk dood. Hy word oorleef deur nog drie kinders, sy ses kleinkinders en sy twee susters.

*Ons het vroeër berig hy is in ’n hotelkamer vermoor, maar dit was in ’n woonstel waar hy enkele maande lank voor sy dood gewoon het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Geregtigheid ·

Moois so SAPS Nog n skurk en moordenaar van die straat af. Hoop nie hy bail nie.

Abe ·

Goeie volledige berig, MM. Sien uit na meer inligting oor die verdagte na sy eerste hofverskyming.

leser ·

“good show” aan beamptes
ek hoop die moordenaar word aan sy toon naels opgehang, wat sou hom besiel het ????

humor ·

Nie aan sy toonnaels nie maar aan sy nek. Hy het n baie kosbare lewe wat hom geen skade berokken het nie tot n einde gebring.

Poppie ·

Sal rede vir moord graag wil weet. Of is dit maar net weer deel om ons mense uit te moor?

HPV ·

Rede vir moord? Hoe klink omdat die persoon wit was of R1.00 of selfs geen rede, maar 50 per dag moet vermoor word om die helhool se naam hoog te hou!

Hanna Hoekom ·

En so raak dit al hoe moeiliker vir die cANCer om die buiteland n rat voor die oe te probeer draai. Ierland het nou deeglik kennis geneem dat witmense nie in Suid-afrika welkom is nie (maak nie saak hoe goed jou intensies is nie). Hopelik sal die vlg buitelander wat opheffingswerk in derdewereld lande wil doen, n meer verdienstelike land kies. Suid-Afrika is nou maar eenmaal n riool-land!

jaco ·

vermoor in sy hotelkamer. so het hy die moordenaar geken, of het die moordenaar by die hotel ingebreek?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.