Jong man vas oor derduisende rande se Mandrax

Die plek waar die dwelms versteek is. Foto: Verskaf

ʼn 21-jarige man is Woensdag in Kaapstad in hegtenis geneem nadat duisende Mandrax-tablette in sy besit gevind is.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder vir die Wes-Kaap, het Donderdag gesê die man is tydens ʼn intelligensiegedrewe operasie in hegtenis geneem. Die doel van dié polisieoperasie is om ernstige misdade in Ruyterwacht in Elsiesrivier te bekamp.

“Die polisie het omstreeks 17:00 ʼn woning in Carnavonstraat deursoek ná ʼn intensiewe ondersoek rakende onwettige aktiwiteite by dié plek. Die polisie het op nagenoeg 17 000 Mandrax-tablette met ʼn geskatte straatwaarde van R850 000 afgekom en daarop beslag gelê,” het Traut gesê.

Die man is in hegtenis geneem op aanklag van die handel van onwettige dwelms. Hy moet Vrydag in die Goodwood-landdroshof verskyn.

Meer inhegtenisnemings word verwag.

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: Verksaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PJC ·

Sluit hom toe en gooi die sleutel weg want hy vernietig duisende jongmense se lewens. Eintlik verdien hy doodstraf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.