ʼn 21-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 60-jarige pa in Keibrug naby Butterworth in die Oos-Kaap.
Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die 21-jarige man het sy pa Vrydagaand omstreeks 21:30 glo met ʼn skerp voorwerp by hul huis in Maqwathini aangeval.
“Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Die pa is op die toneel dood,” het hy bygevoeg. Die Keiburg-polisie het vinnig reageer en die seun in hegtenis geneem.
Hy sal Woensdag, 27 Desember, in die Butterworth-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Die name sal bekend gemaak word sodra alle naasbestaandes van die dood in kennis gestel is.