Jong man vas oor renosterhoring

Die renosterhoring waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die renosterhoring waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

ʼn 21-jarige man sal Maandag in die Tonga-landdroshof verskyn vir die besit van ʼn renosterhoring.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, het gesê hulle het Vrydag ʼn wenk ontvang van ʼn man wat in die Tonga-omgewing woon en glo ʼn renosterhoring by hom het. “Ons is na die man se huis en het dit deursoek, maar niks gevind nie.”

Volgens Hlathi het polisiebeamptes gesien hoe ʼn ongeïdentifiseerde man uit die huis hardloop met ʼn sak in sy hand. “Die beamptes het die man agternagesit en die sak deursoek. Die horing van ʼn swartrenoster is in die sak gevind.”

Die verdagte is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

andrea van vuren ·

My agterkleinkinders sal ne in geskiedenisboeke van renosters lees en leer. Dis verby.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.