Jong man vas vir moord op Limpopo-ouma, versorger

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Jong man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 88-jarige vrou en haar versorger in Limpopo verlede week. Die man word moontlik ook verbind aan die moord op sy eie 82-jarige ouma twee jaar gelede.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê ʼn volskaalse soektog is na die verdagte van stapel gestuur nadat die bejaarde, Moloko Enestinah Nkoana en haar versorger, Maggie Molefe, van Hammanskraal noord van Pretoria, se halfontbinde liggame verlede week in Nkoana se huis in die Makotopong-nedersetting in Sebayeng buite Polokwane (Pietersburg) gevind is.

Maroela Media het vroeër berig Nkoana se dogter het Dinsdag op die twee se liggame afgekom, toe sy by haar ma wou gaan kuier. Die twee oorledenes is op 16 Augustus vir die laaste keer lewend gesien. Voorlopige ondersoek dui daarop dat Nkoana moontlik verwurg is. Molefe het verskeie steekwonde regoor haar liggaam gehad. Slegs hul selfone is gesteel.

“Die verdagte word moontlik ook verbind met die wrede moord op sy ouma in Augustus 2014, in dieselfde nedersetting. Die man sal Dinsdag in die Mankweng-landdroshof verskyn in verband met albei moordsake,” het hy gesê.

Ngoepe het gesê ʼn 17-jarige is ook in hegtenis geneem nadat Nkoana en Molefe se selfone in sy besit gevind is. Hy sal in die dieselfde hof as die 20-jarige verskyn op aanklag van die besit van gesteelde eiendom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lance ·

Geen agting of respek vir n lewe nie …nie eers eie familie nie …en daar is baie

lorayne ·

As daar opgelet was in die klas gedurende Augustus 2014? was daar heel moontlik nou 2 lewens gespaar!

Piet ·

Mens moet net seker maak dat hy hulle nie verkrag het ook nie – blykbaar is sulke goed moontlik hier in Suid-Afrika

Peter ·

Hy is onrehabiliteerbaar. Lewenslange tronkstraf sonder énige parool ooit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.