
Die klubhuis in Port Elizabeth waar die man verdrink het. (Foto: Netcare 911)
ʼn Twintigjarige man het by ʼn klubhuis in die middestad van Port Elizabeth verdrink.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is Sondag kort na 04:00 na die perseel ontbied, ná berigte dat die man in die swembad by die klubhuis geval het waar hy en vriende gekuier het.
“Hulle kon hom nie vind nie, omdat daar geen ligte was nie,” het Herbst gesê.
Met paramedici se aankoms het lede van die publiek en die polisie wel die man al uit die water gehaal.
Herbst het gesê hy het geen teken van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.
Die polisie ondersoek die omstandighede rakende die voorval.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
My eerste gedagte 4 uur in die oggend en “kuier” by ń swembad nie ń goeie kombinasie nie. Sterkte aan die familie .
Net gewonderd, kuier daardie tyd van die nag /oggend, nie goeie Kombinasie nie. Stem volkome Saam.
Innige simpatie met die persoon se naasbestaandes. Ek sê altyd mens kan dam by die dop ( drank)voeg maar jy kan nie dop by die dam voeg nie. Water en drank gaan nooit saam nie. Baie tragedies het al plaasgevind agv hiervan. Sterkte aan die familie.
Dis kommerwekkend – as dit jou familielid / kind / vriend was – wat sou dit saakmaak hoe dit gebeur het. Dis ‘n tragedie en ‘n lewe is verloor. Die omstandighede is irrelevant. Waar is ons menslikheid teenoor mekaar?
Mense is ongevoelig teenoor mekaar en dit is hartseer!
Sterkte aan die familie en vriende wat hierdie verlies moet verwerk.
Drie studente het die naweek by Nelson Mandela Universiteit gesterf, hierdie student was een van hulle. Die klubhuis en swembad is op die universiteit se grond.