Jong man verdrink in Knysna-strandmeer

Argieffoto van die Koppe in Knysna Foto: holidaybug.co.za

Argieffoto van die Koppe in Knysna Foto: holidaybug.co.za

ʼn 22-jarige man het verdrink nadat sy kano in die Knysna-strandmeer omgeslaan het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

“Die man en sy familie het Saterdagmiddag by die strandmeer gaan ontspan,” het Jerome Simonis, stasiebevelvoerder van Knysna-NSRI, in ʼn verklaring gesê. “Vyf van die familielede het met die kano op die water gaan roei. Die kano was vermoedelik te swaar gelaai en het omgeslaan.” Die NSRI is omstreeks 17:30 na Die Punt in die Knysna-strandmeer ontbied.

Die man het onder die water verdwyn. Sy liggaam is tydens ʼn soektog opgespoor.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.