Jong man verdrink in KZN-swembad

Argieffoto

ʼn Jong man (25) het vroeg Saterdagoggend in KwaZulu-Natal verdrink.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 01:13 uitgeroep na ʼn kompleks in Umhlaga Ridge aan die Noordkus.

“Die mense wat die man gekry het, het hom op die bodem van die swembad aangetref en sy liggaam uit die swembad gehaal. Toe die paramedici daar aankom het hulle die lewelose man langs die swembad aangetref,” het Botha gesê.

Hy is op die toneel dood verklaar.

Volgens Botha het dit swaar gereën ten tyde van die voorval.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wat ek dink . . . ·

Wat ek dink mag ek nie hier sê . . . Nog só jonk maak dit nog hartseerder.

Koos ·

Geen naam, geen konteks, wat is die waarde van die berig? Dit neem ruimte en gee geen inligting.

Leatitia ·

Ek wil ook weet wat die doel van die berig is. Dit sê eintlik niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.