Jong man verdrink in see by Strand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Jong man van die Wes-Kaap het Donderdag in die see by die Strand verdrink.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het in ʼn verklaring gesê hulle is na die strand ontbied nadat ooggetuies gesien het hoe die man alleen geswem het voordat hy onder die water verdwyn het.

ʼn Reddingsboot is dadelik die see in gestuur, terwyl ʼn helikopter ook met die soektog gehelp het. Volgens die NSRI was polisiebeamptes, paramedici, reddingsdienste van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement en polisieduikers ook by die reddingspoging betrokke.

Terwyl die soektog aan die gang was, het ʼn lewensredder wat van diens af was, maar naby die toneel branderplank gery het, die man se liggaam in die water gewaar en die reddingspanne se aandag getrek. Polisieduikers het die liggaam uit die water gehaal.

Volgens die NSRI word vermoed dat die man, ʼn 20-jarige Somaliese inwoner van Kuilsrivier, waarskynlik deur ʼn seestroom meegesleur is voordat hy onder die water verdwyn het.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is begin. Die man se familie word deur traumaberaders van die polisie bygestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DPJ ·

Het die mense nooit geleer om nie alleen te gaan swem nie veral nie in die see nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.